Daar is aanbidding en dankbaarheid teenoor die Here vir Sy goedheid, getrouheid en liefde, nie net vir hierdie Sending wat Hy in die lewe geroep het nie, maar ook in stand gehou het die afgelope 100 jaar. Menige siele sal kan getuig hoe die Here hulle kosbare siele gered het deur die getuienis en prediking van die boodskap van volle verlossing. (Rom. 10:13-15)

Woorde ontbreek om te vertel van al die wonders wat die Here gedoen het, en ons kan net saam met Moses van ouds sê: “Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef. Die HERE is ‘n krygsman; HERE is sy naam.”

Die begin van hierdie Sending was in God se hart en planne lank voor 1924 toe hy drie susters, Helena, Emma en May Garratt, in Ierland begin voorberei het vir die taak om ‘n sending in SA te begin sodat die boodskap van volle verlossing na die mense van hierdie land gebring kon word.

 Gaan kyk ook gerus na die inspirerende video wat saamgestel is om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te herdenk.
https://www.youtube.com/watch?v=FfAPSwRAscU&t=5s

Om die 100 jaar van genade te vier, toer die AEB sanggroep deur Suid Afrika en Namibië met optredes by skole, ouetehuise, kerke, besighede en enige opening wat die Here op hulle pad bring. Hulle het afgeskop in die Wes-Kaap distrik en het o.a. openinge by NG Kerke Strand en Tafelberg, EG Kerk Tygerberg, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Jan van Riebeeck,  Ametis Ouetehuis asook ‘n Dames tee.

Hulle kon ook sang opnames maak by Bloubergstrand en die Taalmonument in Paarl.

Daarna het hulle na Namibië gereis waar hulle begin het in Noordoewer se NG Kerk en ook by die skool. In Windhoek, Keetmanshoop, Mariental, Stampriet, Okahandja, Outjo, Otjiwarongo, Grootfontein, Tsumeb, Walvisbaai en Swakopmund het hulle die voorreg gehad om in NG Kerke, skole en ouetehuis die boodskap van volle verlossing te bring.

Terugvoer vanuit die veld

Sang span
Die Here is besig om te werk, maar ons wag op Hom vir nog meer. “Expect great things from God, Attempt great things for God.” Ons wil baie dankie sê vir die voortdurende gebed vir ons as span. Die vyand wil net nie opgee nie, maar ons ervaar ‘n baie sterker oorwinnende week as die vorige een rakende stryde.

Ons het waarlik baie kosbare en Gods teenwoordige tye beleef. Die jeug toneel wat Manfred vir ons baie bekwaam geskryf het, raak baie jongmense se lewens aan. By Otjiwarongo se Staats Hoërskool het daar bietjie kort van 100 kinders reageer…die meerderheid vir redding.

Convention Speaker
I continue to be challenged and blessed by people who contact me for prayer and God’s intervention in their lives. What really touched me this week was one young man contacting me for special prayer requests as he was heading to the church prayer. He said: “I always ask the group to uphold you in prayer.” I certainly need it on all fronts as people in contact experiencing among other things depression, seeking to break through into full assurance and of salvation and freedom in Christ, seeking God to help them as parents. People have sat at my table and just poured out their sorrow and concerns, and I could but send a prayer up to Heaven for wisdom in what to say. I continue to have a lot of contact via emails and WhatsApp.

Roy and Jerusala and the children are all traveling to Wisconsin in a week, to minister there and would greatly appreciate prayer for a safe journey with all the storms at this time. They always have a very full time of ministry there as the weeks are packed with meetings, Roy being called upon to preach, and Jerusala’s days includes many visits, counseling, and prayer with other mothers with young children. May we in all things glorify the Master.

Oos-Kaap
Vanaand het ‘n man ’n hele boks Engelse “Way to God” traktaatjies kom oplaai. Vier jaar gelede (nog in Germiston) het hy ‘n boks vol by ons gekry. Met elke een van die 700 boekies in daardie boks het hy ‘n persoonlike gesprek met iemand gehad en ‘n boekie vir die persoon gegee. Hy het ‘n voltydse werk, maar elke Saterdag gaan hy uit en deel die Evangelie op straat. Dit het my so bemoedig. Bid asseblief vir die traktaatjies wat oor die land versprei word.

Bid asseblief ook vir die volgende:

  • Ek en Suné het weekliks klas by MES en Vistarus.
  • Lig vir Lewe Bybel korrespondensie kursus wat ek aanbied.
  • Klas wat ek gee vir die AEB Bybel Kollege.
  • 28 Febr. – 3 Mrt. – Mosselbaai uitreik.
  • 29ste Febr. – Wêreld biddag by die NG Kerk Danabaai. (Jan Harm & Suné)
  • NMU straatwerk uitreik.
  • 11 – 15 Mrt. – Prins Albert uitreik

Sang groep Program – Oranje Rivier

  • 22 – 29 Februarie
  • 23 – 25 Feb. – EG Kerk Upington
  • 24 Feb. – Musiek video – Augrabies
  • 25 Feb. – NG Kerk Blydeville (9:00)
  • 26 Feb. – Kathu – Deben Kleuter/Laer/Hoërskole
  • Evangelisasie by Mosaic
  • 27 Feb. – Kathu skole uitreike
  • 28 Feb. – Kathu en Olifantshoek
  • 29 Feb. – Oranjehof, Upington

Jeugkampe

  • 21 – 24 Maart 2024 – Samekoms – Spreker:  Mnr Ian Waterson
  • 25 – 28 Maart 2024 – Hebron

Paaskonferensies – 28 – 31 Maart 2024

  • Samekoms, Middelburg – Mnr & Mev Daniël Marais
  • Potchefstroom EG Kerk – Ds. Ferdi Bekker en Mnr. Joggie Swanepoel
  • Hebron, Port Elizabeth –Ds. Dirk Lourens
  • Emmanuel, Namibië, Gobabis distrik – Mnr & Mev Albert Bartsch
  • Mispa, Winburg – Mnr Japie Bornman
  • Karoo Paasdagkonferensie (29 Maart) – Mnr Ian Waterson