Volg ook die volgende skakel as u dit graag op Facebook wil luister!
Skrywer: aebadmin (Page 1 of 3)
Daar is aanbidding en dankbaarheid teenoor die Here vir Sy goedheid, getrouheid en liefde, nie net vir hierdie Sending wat Hy in die lewe geroep het nie, maar ook in stand gehou het die afgelope 100 jaar. Menige siele sal kan getuig hoe die Here hulle kosbare siele gered het deur die getuienis en prediking van die boodskap van volle verlossing. (Rom. 10:13-15)
Woorde ontbreek om te vertel van al die wonders wat die Here gedoen het, en ons kan net saam met Moses van ouds sê: “Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef. Die HERE is ‘n krygsman; HERE is sy naam.”
Die begin van hierdie Sending was in God se hart en planne lank voor 1924 toe hy drie susters, Helena, Emma en May Garratt, in Ierland begin voorberei het vir die taak om ‘n sending in SA te begin sodat die boodskap van volle verlossing na die mense van hierdie land gebring kon word.
Gaan kyk ook gerus na die inspirerende video wat saamgestel is om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te herdenk.
https://www.youtube.com/watch?v=FfAPSwRAscU&t=5s
Om die 100 jaar van genade te vier, toer die AEB sanggroep deur Suid Afrika en Namibië met optredes by skole, ouetehuise, kerke, besighede en enige opening wat die Here op hulle pad bring. Hulle het afgeskop in die Wes-Kaap distrik en het o.a. openinge by NG Kerke Strand en Tafelberg, EG Kerk Tygerberg, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Jan van Riebeeck, Ametis Ouetehuis asook ‘n Dames tee.
Hulle kon ook sang opnames maak by Bloubergstrand en die Taalmonument in Paarl.
Daarna het hulle na Namibië gereis waar hulle begin het in Noordoewer se NG Kerk en ook by die skool. In Windhoek, Keetmanshoop, Mariental, Stampriet, Okahandja, Outjo, Otjiwarongo, Grootfontein, Tsumeb, Walvisbaai en Swakopmund het hulle die voorreg gehad om in NG Kerke, skole en ouetehuis die boodskap van volle verlossing te bring.
Terugvoer vanuit die veld
Sang span
Die Here is besig om te werk, maar ons wag op Hom vir nog meer. “Expect great things from God, Attempt great things for God.” Ons wil baie dankie sê vir die voortdurende gebed vir ons as span. Die vyand wil net nie opgee nie, maar ons ervaar ‘n baie sterker oorwinnende week as die vorige een rakende stryde.
Ons het waarlik baie kosbare en Gods teenwoordige tye beleef. Die jeug toneel wat Manfred vir ons baie bekwaam geskryf het, raak baie jongmense se lewens aan. By Otjiwarongo se Staats Hoërskool het daar bietjie kort van 100 kinders reageer…die meerderheid vir redding.
Convention Speaker
I continue to be challenged and blessed by people who contact me for prayer and God’s intervention in their lives. What really touched me this week was one young man contacting me for special prayer requests as he was heading to the church prayer. He said: “I always ask the group to uphold you in prayer.” I certainly need it on all fronts as people in contact experiencing among other things depression, seeking to break through into full assurance and of salvation and freedom in Christ, seeking God to help them as parents. People have sat at my table and just poured out their sorrow and concerns, and I could but send a prayer up to Heaven for wisdom in what to say. I continue to have a lot of contact via emails and WhatsApp.
Roy and Jerusala and the children are all traveling to Wisconsin in a week, to minister there and would greatly appreciate prayer for a safe journey with all the storms at this time. They always have a very full time of ministry there as the weeks are packed with meetings, Roy being called upon to preach, and Jerusala’s days includes many visits, counseling, and prayer with other mothers with young children. May we in all things glorify the Master.
Oos-Kaap
Vanaand het ‘n man ’n hele boks Engelse “Way to God” traktaatjies kom oplaai. Vier jaar gelede (nog in Germiston) het hy ‘n boks vol by ons gekry. Met elke een van die 700 boekies in daardie boks het hy ‘n persoonlike gesprek met iemand gehad en ‘n boekie vir die persoon gegee. Hy het ‘n voltydse werk, maar elke Saterdag gaan hy uit en deel die Evangelie op straat. Dit het my so bemoedig. Bid asseblief vir die traktaatjies wat oor die land versprei word.
Bid asseblief ook vir die volgende:
- Ek en Suné het weekliks klas by MES en Vistarus.
- Lig vir Lewe Bybel korrespondensie kursus wat ek aanbied.
- Klas wat ek gee vir die AEB Bybel Kollege.
- 28 Febr. – 3 Mrt. – Mosselbaai uitreik.
- 29ste Febr. – Wêreld biddag by die NG Kerk Danabaai. (Jan Harm & Suné)
- NMU straatwerk uitreik.
- 11 – 15 Mrt. – Prins Albert uitreik
Sang groep Program – Oranje Rivier
- 22 – 29 Februarie
- 23 – 25 Feb. – EG Kerk Upington
- 24 Feb. – Musiek video – Augrabies
- 25 Feb. – NG Kerk Blydeville (9:00)
- 26 Feb. – Kathu – Deben Kleuter/Laer/Hoërskole
- Evangelisasie by Mosaic
- 27 Feb. – Kathu skole uitreike
- 28 Feb. – Kathu en Olifantshoek
- 29 Feb. – Oranjehof, Upington





Jeugkampe
- 21 – 24 Maart 2024 – Samekoms – Spreker: Mnr Ian Waterson
- 25 – 28 Maart 2024 – Hebron


Paaskonferensies – 28 – 31 Maart 2024
- Samekoms, Middelburg – Mnr & Mev Daniël Marais
- Potchefstroom EG Kerk – Ds. Ferdi Bekker en Mnr. Joggie Swanepoel
- Hebron, Port Elizabeth –Ds. Dirk Lourens
- Emmanuel, Namibië, Gobabis distrik – Mnr & Mev Albert Bartsch
- Mispa, Winburg – Mnr Japie Bornman
- Karoo Paasdagkonferensie (29 Maart) – Mnr Ian Waterson





Liewe Gebedsvriende
Ons dank die Here vir die wonderlike voorreg om amper weer normaal te kan funksioneer. Die werkers in die distrikte kan weer voortgaan met werksaamhede, deur jeugkampe, uitreike en Paaskonferensies te hou. Dit laat ons dink aan die gedeelte in Psalm 107 waar die Here die storms kom stilmaak het.
Hierdie Psalm bevat vyf wonderlike beelde uit die lewe.
- Eers sien ons die reisigers wat verdwaal het (v 4-9);
- dan gevangenes wat in die donker sit (v 10-16);
- vervolgens ‘n siekekamer (v 17-22);
- ‘n geweldige storm op see (v 23-32);
- en uiteindelik die woestyn wat omskep word in ‘n vrugbare land (v 33-38).
Ons lees vier keer in die Psalm “Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.”
- Uit die woestyn het hy die reisigers op ‘n regte pad gelei na ‘n stad om in te woon. (v 7)
- Die gevangenes se bande is verbreek (v 14)
- Die siekes het Hy sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red (v20)
- Vir dié wat in die storm was het hy die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
Al hierdie wonderwerke en uitkoms van die Here het eers gebeur nadat hulle in al die gevalle “die Here aangeroep het in hul benoudheid..”
Die geloof baan egter ‘n weg deur die sluiers van die mis en die siedende wolke en soek om in aanraking te kom met die troon van die ewige Vader. Dit is vir ons ‘n anker. Hoe kwaai ook al die storm wat woed, die siel wat daar skuiling soek, sal veilig wees.
Frans & Erica Gericke
Gebedsversoeke:
- 11-13 Maart – Katkisasie kamp Eden
- 12-18 Maart – Potgietersrus uitreik
- 14-18 Maart – Hankey toer
- 18-20 Maart – Axis Kamp -Namibië
- 21-24 Maart – Samekoms Jeugkamp
- 21-25 Maart -Jeugweek Orania
- 24 Maart – 3 April – Namibië suide uitreik
- 28 Maart – 1 April – Upington VBS
- 28-31 Maart – Mispa Jeugkamp
- 4-9 April – Prins Albert uitreik
- 5-10 April – Pretoria Tuine uitreik
- 7-11 Maart – Uitreik – Sidwell
- 7-24 Maart – Toer Oos-Kaap
- 14-17 April – Paaskonferensie
- 1 Mei – Diens – Kuilsrivier
- 8 Mei – Diens Strand
- Redding van kosbare siele, en ons gebed is dat die Here voorbidders sal opwek.
Vrystaat
Tydens ‘n uitreik by ‘n Laerskool kon ons met al die klasse afsonderlik in die skool werk. Daar het vyf kinders reageer wat die Here vertrou het vir redding. Die Here was ons genadig dat ons ook by van hierdie kinders se ouers uitgekom het, deur hulle by die huis te besoek. By die hoërskool kon ons vinnig die groot geestelike behoefte agterkom en ondervind dat die kinders nie eers die fundamentele waarhede van die skrif, soos wie Moses of Dawid is ken nie. Een meisie het by die Hoërskool reageer en die Here vertrou vir redding.
In ‘n boeregemeenskap het ons op die twee plaasskole in die distrik gefokus waar ons kinderdienste afsonderlik by elke skool aangebied het. Ook het ons dienste vir die plaaswerkers gereël en Dorothea sending gekry om die dienste vir hulle in hul eie taal te hou.
Wes-Kaap
Ons het einde verlede jaar kwartaallikse dienste op die been gebring na ‘n byna twee jaarlange stilte weens Covid19. Dit was regtig heerlik om weer ons dienste te kon hervat en die vriende te sien! Die dienste in Parow het nou na Kuilsrivier verskuif en dié in die Strand na ons huis. Almal wat dit bygewoon het is dit eens dat die onderlinge samesyn baie gemis is. Buiten verskeie besigheid openinge, wat Heinrich soggens vroeg by verskillende besighede in die industriële gebied hier in die Strand waarneem, het wonderlike openinge ook by verskeie skole in die Helderberg kom vir hom en Anél begin oopgaan.
Noord- & Suid-Gauteng
Twee reekse dienste: Brakpan en Rustenburg: Albei was besonders geseënd. By die reeks in Rustenburg het ek die voorreg gehad om saam ‘n jong vroutjie te bid vir redding. Sy het so stralend die plek verlaat en die volgende aand het sy ‘n vriendin saamgebring wat toe ook agtergebly het om te bid vir redding. Dit was vir my so kosbaar om te sien as iemand werklik by die Here uitkom, vloei dit oor na ‘n bekommernis vir ander wat nie gered is nie. Bid asseblief saam vir die twee jong vrouens. Verder kon ons ‘n hele paar poppekaste by verskillende geleenthede waarneem sowel as so paar ouetehuise besoek.
Ons eer die Here vir talle mense wat in eenvoud hulle voor die Here Jesus gebuig het na van hierdie geleenthede.
Noord-Kaap
Met die jeugaand het klompie (10) kinders gereageer op die Woord en kon vir hulle bid! So ook by die Manne-ontbyt het daar 3 manne hulle hande opgesteek en kon vir hulle bid! Een man het getuig dat hy nie maar net nog ‘n boodskap gekry het nie, maar ‘n Woord wat tot sy hart gespreek het. Na die jeugaand het daar ‘n jong seun my telefoonnommer kom vra en die volgende week sy stryde met gedeel. Hy getuig dat hy die Here ken. Ek kon sy vrae uit die Woord uit antwoord en hom aanmoedig om tyd in die Woord te spandeer. Hoe meer tyd hy in die Woord spandeer en sy lewe daarvolgens inrig hoe meer sal sy begeertes in lyn kom met die van die Here se Woord. Ek kon vir hom klomp materiaal stuur om hom te help.
Noordwes
Uitreik in Maart: Omtrent twintig mense wat tydens die reeks dienste hulle behoefte uitgespreek het om die Here Jesus aan te neem as Verlosser en Saligmaker. Besigheid-, skool-, tehuis- en kinderhuis openinge waargeneem.
‘n Fliek aand waar vreemdelinge opgedaag het en hulle het ook daarna die Sondag diens bygewoon het.
Die een man getuig dat hy al vir baie jare met onsekerheid worstel en dat hy in die diens bewus geword het dat die Here duidelik met hom praat en nou wil hy die Here aanneem as sy Verlosser!
Die een dame het alleen agter gebly na ‘n diens en in trane haar verlorenheid erken en die Here vertrou om haar te red! Na die een diens het al die werkers oral in kerk met mense saam gebid vir verskeie behoeftes! Die tehuise, sonder uitsondering, het ons so hartlik bedank vir wat ons met hulle gedoen het en wil baie graag ons weer ontvang.
Ons harte het weer gebreek toe ons by die kinderhuis uitreik en sien die geweldige behoefte wat daar is onder die kinders. Net die kleinste vorm van liefde wat getoon word het soveel vir hulle beteken!
Namibië
Kus Jeugweek – Dit was ‘n ongelooflike geseënde week. Die Here het so kragtig kom werk en ons eer Hom daarvoor. Daar het soveel jong mense in beide Swakopmund en Walvisbaai hul lewens aan Hom oorgegee! Walvis was ‘n groot hoogtepunt. Na baie jare se uitreik was daar eindelik ‘n deurbraak: groot getalle jongmense het by ons jeugaand opgedaag en hulle het almal die Evangelie gehoor! Hierna het ons Windhoek aangepak. Ons kon ‘n klompie skole besoek en bereik met die kosbare Woord van die Here. Ons kan net getuig van seën en voorsiening en selfs ‘n paar jong mense wat hul harte aan die Here gegee het!
Oos-Kaap
Die Here het waarlik met jongmense kom ontmoet tydens die jeugkamp. Baie het getuig dat die Here met hulle kom praat het deur die boodskap oor vergifnis. Een meisie het saam met ‘n werker gebid en spesifiek die Here vertrou om haar te help om te vergewe. Die laaste aand het ‘n seun een van die werkers opgesoek en gevra: “Help my asseblief, ek het nodig om my saak met die Here reg te maak..”
Convention Speaker
Jenny Daniel: My heart is full of gratitude as I see the leading Hand of God in so many ways. That verse in Isaiah 30:21 “And thine ears shall hear a word behind thee, saying, “This is the way, walk ye in it, when ye turn to the right hand, and when ye turn to the left”, has been a reality in my life as never before. I realize the “Race of Faith” is to be run ‘with patience’ not at full sprint as we so often want to do! I have recently had a lot of interaction with people, counselling them, praying for them and in it all deeply conscious that God Himself was giving the much-needed wisdom. I am also blessed – a year after Keith’s death – to still receive emails testifying of God’s blessing to hearts through his ministry. I know that his messages will continue to bring fruit. I was thinking recently of the difference between inspired messages and messages with unction. I believe what made his such a blessing was that unique unction that can only come from God Himself!
Dierbare Vriende
Ons vertrou dat dit goed gaan met u elkeen. Baie dankie vir u volgehoue gebede en ondersteuning. Ons het onlangs verneem van die heengaan van Mnr. Stoffel Mcloud. Hy het diep spore in die AEB getrap en was ‘n geliefde en gerespekteerde werker in die AEB. Ons sal hom altyd onthou vir sy wandel met die Here, sy onwrikbare geloof in die Here, maar ook sy kosbare humorsin. Mag die Here sy familie vertroos in die tyd.
VOORBEREIDE HARTE
Esra 7:6-10 “… vaardig in die wet van Moses…want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.”
- Voorbereiding van die hart – Wanneer ‘n man sy hart daarop rig om die Woord van die Here te soek, dit te doen en te leer aan ander, dan het ‘n groot herlewing reeds begin. Die mens moet eers oorgegee wees aan die Here voordat ons lewens van enige nut kan wees vir Hom. Spreuke 16:1 “Die planne van die hart is van die mens”.
- Die hand van die Here was op Esra. v. 6 “die koning het, omdat die hand van die Here sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig”. Die alles oorwinnende Hand is die metgesel van die voorbereide hart,
- Voorsiening – “al sy begeertes ingewillig” en v. 21 “… dat alles wat Esra… van julle vra, sorgvuldig gedoen moet word”. Esra het sy hart voorberei en die Here het vir elke behoefte wat hy gehad het voorsien. “He never sends His servants a warfare on their own charges.”
- Opdrag van die Here – Esra 7:25 “…Esra, volgens die wysheid van jou God wat jy besit, … almal wat die wette van jou God ken; en wie dit nie ken nie, moet julle dit leer”. Mal. 2:7 “Want die lippe van ‘n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ‘n boodskapper van die HERE van die leërskare. Rom. 10:17 – Geloof kom nie deur woorde van wysheid van mense nie, maar deur die Woord van God.
- Ons lewe moet ooreenstem met ons getuienis: Esra 8:22 “Want ek is skaam om van die koning te vra …v23 so het ons dan gevas en onse God dit gevra en Hy het ons verhoor”. Wanneer ons hart op die Here gerig is, dan is Hy ons bron na wie ons gaan, die Rots in wie ons skuil.
GEBEDSVERSOEKE
- 7 November – Kuilsrivier diens
- 12 – 21 November – Sang veldtog in S-Gauteng met verskeie openinge by kerke
- 14 November – Strand diens
- 14-19 November Namibië kus Jeugweek openinge
- 21 November – Diploma diens Glenvar
- 23-25 November – Elnatan Jeugkamp Namibië
- 27 November – Diens Hebron
- 1-2 Desember – Pelgrim dienste Samekoms
- 3-5 Desember – Nasionale Konferensie – Samekoms, Middelburg, Mpumalanga.
“Every great movement of God can be traced to a kneeling figure” – DL Moody
NUUS UIT DIE VELD
OOS-KAAP: Terwyl ek op ʼn dorp werk sien ek iemand wat die Here op my hart lê. Toe ek met die man praat het hy telkemale vir my gevra hoe ek dié dinge van hom weet. Hy was in trane en ek kon vir hom ʼn traktaatjie gee. By ʼn rehabilitasie sentrum het ek die geleentheid om gereeld met mense te werk met groot behoefte en kon ons mense daar ook na die Here lei.
WES-KAAP: Die veldtog aan die Weskus was soos verlede jaar baie geseënd. Die gereelde opening elke dag by die Rehabilitasiesentrum was vir my ongetwyfeld weer die hoogtepunt. Die ontvanklikheid van die ongeveer 30 mans, hulle soeke na God en waardering vir die Woord is waarlik ‘n riem onder die hart. Die vrug op die arbeid daar, naamlik mense saam met wie ons na die tyd kon bid vir ‘n verskeidenheid van behoeftes, was ‘n baie groot bemoediging. Clanwilliam dag konferensie – Daar het ‘n mooi atmosfeer geheers waarin die Woord van God maklik in ons harte kon tuiskom.
NOORD-KAAP: Met die jeugaand kon beleef hoe die Here tot jongmense se harte kom spreek. ‘n Jong seun het my nommer kom vra en later sy behoefte, nood en desperaatheid gedeel en hulp gesoek. Bid asb. saam hoe om hierdie seun te help asook vir die kragtige werking van Jesus in sy lewe! Die Manne-ontbyt was ook gekenmerk deur die Here se teenwoordigheid . Een man het na die tyd getuig, hy het nie vanoggend maar net nog ‘n boodskap ontvang nie, maar ‘n Woord wat getref het en hy het nodig om introspeksie te gaan doen.
NOORDWES: By die een Kerk het die Here waarlik naby aan ons gekom, die Here se teenwoordigheid was so tasbaar dat die diaken spontaan in trane uitgebars het met die slotgebed in die konsistorie waar hy weer homself aan die Here gewy het. By ʼn ander gemeente het daar agt mense reageer na die diens en die een man was so bewoë dat hy nie eens ʼn woord kon uiter nie. ʼn Dame in dieselfde diens het ook daar weer opnuut met die Here ontmoet.
ORANJE-VRYSTAAT: By ‘n plaasgemeenskap kon ons hierdie jaar ʼn boere konferensie hou. By twee plaasskole kon ons begin met uitreik onder die kinders en plaas boeke verder. Die huismense kontak my ʼn rukkie later en die dame getuig dat sy die Here aangeneem het as haar Verlosser en Saligmaker. April jeugkamp – Met die getuienis geleentheid het die een na die ander jong mense getuig van wat die Here vir hulle gedoen het. Van hulle het getuig van redding, en twee van roeping vir voltydse diens en ook ʼn paar wat getuig het van heiligmaking.
SUID-GAUTENG: Ten spyte van persoonlike uitdagings het ons tog die Here vasgehou vir ‘n siel en 4 Maart het ek die voorreg gehad om ‘n ateïstiese man na die Here te lei. Wat ‘n voorreg om saam met daardie gebroke man te kon bid vir sy siel. Sy hele lewe lank het hy nie liefde geken nie, en met trane het hy bely en gesê: “Nou ken ek liefde!”
NOORD-GAUTENG: Vakansie Bybel skool – Wat ‘n voorreg was dit nie om onder die gemeente se las vir kindersiele in te klim nie. Slegs omtrent 10 van die 58 kinders was uit die gemeente se geledere en daarom was dit ‘n kosbare Evangelisasie uitreik na 48 kinders van elders in die dorp. Ons eer die Here vir Sy instaatstelling, Sy Woord, en hulle oop hartjies. 14 kinders het beslis gereageer deur die week en hulle hartjies voor God gebuig.
NAMIBIë: Ons plaas besoeke in die suide was tot ongelooflike seën. Elke boer by wie ons gestop het was ‘n uitgewerkte ontmoeting van die Here.
ORANJE-RIVIER: Ons het ‘n geleentheid om vir hawelose mense dienste te hou op party Sondae. Na een boodskap het twee mense reageer en getuig dat hulle die Here vertrou het om hulle te red. By ʼn kerk voor een diens het die Here ʼn ander boodskap op my hart gelê vir die geleentheid, en na die diens het daar ʼn dame agtergebly om met die Here reg te maak.
CONVENTION SPEAKER – JENNY DANIEL: I look back over the last 6 months with wonder, as I consider the places God allowed me to visit in the USA, as well as the testimonies shared of God’s dealings in lives. It was a huge adjustment not having Keith with me at each place, but during it all the thrill of what God is continuing to do in hearts because of previous messages and those available online was a huge encouragement. E-mails continue to reach sharing testimonies. This week, I will be speaking at a church’s end of year function for ladies in Cape Town itself DV at which they expect 50 to attend. Please pray for God’s unction.
In Sy Naam
Frans & Erica Gericke