"Maar soek eers die koninkryk van God"

Skrywer: aebadmin (Page 2 of 3)

Die kruisiging van Jesus

Liewe Gebedsvriende
Ons groet u in die Wonderlike Naam van ons Verlosser. In hierdie uitsonderlike tyd in die geskiedenis waar bykans die hele wêreld met al sy bedrywighede bykans tot stilstand gedwing is, is ons so gefokus op wat oral in die wêreld gebeur dat ons aandag maklik afgetrek kan word van wat Jesus persoonlik vir ons kom doen het. Terwyl baie van ons tot stilstand gedwing is, is dit die ideale tyd om net weer ons harte voor God stil te maak en tyd met Hom te spandeer om opnuut weer Sy stem en leiding te ervaar. Ons is innig dankbaar vir elke gebedstryder en ondersteuner wat volhou om te bid vir elke werker in die AEB. Graag deel ek met u in kort wat F.B. Meyer geskryf het oor die Kruisiging van Jesus:

Joh 19:17 “And he bearing his cross went forth into a place called the place of a skull, which is called in the Hebrew Golgotha: 
Joh 19:18  Where they crucified him, …”

Just outside the city gates, beside the main road, was a little conical eminence, which from its resemblance to a skull was called in Aramaic, Golgotha, and in Latin, Calvary. As we speak of the brow of a hill, they called the bald eminence a skull. The three languages in which the inscription was written stand for religion, government, and science. Note that every one of us is unconsciously writing his verdict about Jesus Christ; and when once it is written, there is no altering it. We may be forgiven, but the past cannot be obliterated.
The clothes of the crucified were the perquisite of the soldiers. But Christ’s were so poor that they were not worth keeping entire, except the inner tunic, the gift of someone’s-it may well have been His mother’s-love. What a contrast! Above, the consummate evidence of love working out the plan of eternity; below, the appeal of ignorance and brutality to chance.
Love made Mary brave to encounter the tragedy of that scene. The sword, as Simeon had foretold, was piercing her soul, Luke 2:35. Jesus knew how lonely she would be. He had neither silver nor gold, but could at least secure her a home and tender care. As the cross was elevated but slightly from the ground, His words could easily reach the little group. He chose the title, Woman, rather than “Mother,” lest identification with Himself should bring her insult.
It is to this paragraph that the soul turns when oppressed with the consciousness of guilt. The light-hearted world, which has never known the terror of a sinful conscience, turns from it as from a tragedy of woe and blood, but the repentant sinner presses from this vintage the wine of life. We stand beside thy Cross, O Son of God, and worship in adoring love, as we behold thy tenderness to thy mother, thy devotion to Holy Scripture, and the majesty of thy last cry of victory. It is finished-the Saviour’s work of redemption and the ground of our salvation. What is there left for us, but to hide in the cleft of His pierced side, and to seek the cleansing of the water and the blood?

NUUS UIT DIE VELD

Spesiale gebeurtenis: Daar is groot opgewondenheid oor die geboorte van ‘n tweeling in die AEB. Die trotse ouers, Daniel en Maria Marais van Upington wat werksaam is in die Oranje-Rivier distrik. Ons gebed is dat die Here hierdie twee seuntjies se lewens ryklik sal seën.
Algemeen: Feitlik alle aktiwiteite het tot stilstand gekom en alle Paaskonferensies is gekanselleer. Dit het egter nuwe inisiatief gelei en verskeie boodskappe sal op die internet beskikbaar wees. Sien meer besonderhede op die media bladsy.

Uit Noord- & Suid-Gauteng: Taylor en Annelize het reeds vier kosbare Jeug en kinder bybelstudies ontwikkel wat in ‘n JPEG formaat beskikbaar is.Voor die Inperking het Taylor by Spur gepreek. Na die tyd het die kelners ewe plegtig vir hom ‘n R200 voucher oorhanding en met ‘n kort toesprakie dankie gesê vir die geleentheid terwyl so min van hulle ooit op Sondae kan kerk toe gaan. Ons eer die Here vir Sy getrouheid om Sy Woord “te stuur” na wie Hy wil.

VRYSTAAT: Albert Potgieter skryf van die redding van ‘n kosbare siel tydens ‘n onlangse uitreik.
Ek onthou hoedat die hoof my verlede jaar vertel het hoe bekommerd hulle oor ‘n sekere kind is, weens die dinge waarmee sy betrokke is. En hier staan sy voor my na ‘n uitnodiging. Ek vra toe vir haar hoekom het sy agter gebly en wat in haar lewe aangaan. Sy sê toe dat sy nie meer so kan aangaan (met haar sondige lewe) nie, en dat sy op ‘n punt is om haar saak met die Here reg te maak. Ek kon my ore amper nie glo nie. Ek het toe die voorreg om saam met daardie meisie te bid, nadat sy bitter diep sondes bely het, en haar na die Here gelei.

NOORDWES: Mev. Alta Swanepoel skryf: Deur ons kosbare Here Jesus se genade dra Hy ons deur en versterk ons dag vir dag. Joggie het weer die voorreg gehad om by ‘n gemeente te preek. Die Here het waarlik in die gehoor se harte gewerk en daar het 5 mense agtergebly vir redding. Prys Jesus wonderlike naam wat van sonde verlos. Ons het die vrouekamp na 22 -24 Mei geskuif. Bid asb. saam dat daar ’n kragtige werk van die Here sal wees.

WES-KAAP: Tydens ons laaste Straat-uitreik in Stellenbosch het ek maar net weer opnuut besef dat ons met ‘n geslag jongmense sit wat in ‘n groot mate eintlik ‘n onbereikte groep is wat werklik weinig of niks van die evangelie van Jesus Christus weet nie. Nog nooit was daar so ‘n wye verskeidenheid geestelike aktiwiteite op ‘n Sondag soos nou in ons land nie – in groot kerke, in skoolsale, in huise, in ons industriële gebiede of ander vergaderplekke – en tog was daar nog nooit so ‘n diep geestelike duisternis in en oor ons land soos nou nie. Die rede: die blote afwesigheid van die evangelie van Jesus Christus! Ons huidige generasie (jonk en oud!) het dringend ‘n eietydse openbaring van die Here Jesus en Golgota nodig!

NATAL: Roy Daniel wrote: A 22-year-old white man who was a manager at a store cried after I gave a short Bible study on how to know you are saved. He said “One week back I did not believe in God. I am an atheist who has never been in church or read a Bible. One week back I almost lost my job and I prayed to God and said, ” God if you exist show me”. I then got a text message within the next 5 minutes that was sent to me by mistake from USA Pennsylvania saying I am praying for you. I took this to be God as I had never had anyone sent me a text on prayer before. I asked the person in USA what to do and he texted I should read John and attend a church. I asked around about churches and was afraid to come on a Sunday as there are so many people. My friend in a Baptist church said I could come to the smaller Bible study for starters. So, I am here, and I know God exists. I only can remember a few verses from John, but I want this salvation you are talking of, I just don’t know what it is can. It was so wonderful to help him further, pray for him and give him a sermon on salvation to listen to. He is now attending that church and excitedly in contact about the sermons we gave him. One week back he hated God and would never have set foot in a church.

NOORD KAAP: Ian Waterson skryf: Ons het waarlik ‘n baie goeie tyd in Orania gehad. Die Here is besig om deure in die dorp vir ons oop te maak asook guns in die harte van die mense te gee. Ons het goeie besoeke gehad. Dis met hartseer dat ons verneem het dat tannie Eve de Meyer na haar ewige tuiste is, by die Here Jesus Christus. Daar was ‘n dankdiens gehou om vir die Here dankie te sê vir haar lewe. Was wonderlik om te hoor dat die lieflike geur van die Here Jesus in haar lewe was. Ons is dankbaar teenoor die Here vir hoe Hy ons guns gee in die harte van die mense.

AEB CONVENTION SPEAKER: Keith was recently privileged to preach at three very fruitful outreaches which were arranged by the Heart Cry for Revival in SA which were held in Pretoria, Kempton Park and Roodepoort. These were followed by a Revival Convention in Pennington, Natal, in which a good amount of souls responded for salvation. He has since been recording messages for the Christian Radio Broadcasts here in Natal and will be preaching live on the internet over this Easter weekend in a live broadcast being arranged by America.

In Sy liefde
Frans & Erica Gericke

Oorwin deur gebed

Liewe Gebedsvriende

Ons eer die Here vir die wonderlike tye van seën die afgelope tyd tydens konferensies en uitreike op verskillende plekke in die land. Baie dankie vir u gebede en ondersteuning wat die hande van elke werker omhoog hou maar ook instaat stel om voort te gaan in die roeping waarmee God hulle geroep het.

“Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek. Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.” (Klaagl. 3:25,26)

Dit was die uur toe neerlaag onvermydelik geskyn het dat Josua in die gebed voor God alleen gestaan het, en die antwoord was ‘n glorieryke oorwinning oor die vyf konings. Dit was die ure toe Elia met God gemeenskap beoefen het wat vuur uit die hemel gebring het wat Agab oortuig het dat die Here God was. Dit was die ure wat Jona in die diep see in die maag van die groot vis met Hom deurgebring het, wat hom voorberei het om vir die mense van Nineve bekering te preek. Dit was die ure wat Daniël in die bo-kamer alleen met God deurgebring het wat hom ‘n vors onder mense gemaak het en hom ook in die leeukuil gered het. Dit was die ure wat die dissipels in die bo-vertrek op die Heer gewag het wat hulle in staat gestel het om met Pinkster drieduisend siele in die Koninkryk in te preek. Dit was die ure wat die apostel Paulus alleen in die gebed deurgebring het wat hom in staat gestel het om Felix te laat bewe en koning Agrippa te laat uitroep: “Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word!” Dit was die ure wat Gladstone alleen in die gebed met God deurgebring het wat van hom die wyse en veilige leier van Engeland gemaak het. Dit was die ure wat Spurgeon alleen in die gebed vertoef het wat van hom die grootste prediker sedert die dae van Paulus gemaak het. – Chas E Cowman

“Die ware oorwinning in alle diens word vooraf in die geheim deur gebed behaal. Diens is die insameling van die resultate.”

Nuus uit die veld

Vrystaat:
Jeugkamp: Die Here het 20 kinders gestuur waarvan klomp uit kinderhuise kom en absoluut stukkend en gebroke is. Ons harte was so seer om te hoor wat met baie van die kinders gebeur het. Een seun was baie soekend en het omtrent met elke diens gereageer. Een van die werkers kon saam met hom bid en ons glo met ons hele hart dat die Here vir daardie jongman iets kom doen het. ‘n Ander meisie het teenoor ons as werkers oop gemaak en ons kon duidelik agtergekom het dat die meisie se sonde besig is om haar te pla. Sondagmiddag met middagete was ‘n baie moeilike tyd. Baie van die kinderhuis kinders was in trane, hulle wil nie terug gaan kinderhuise toe nie. Een jongman het gevra of hy nie maar by Mispa kan bly en ons terug kinderhuis toe gaan in sy plek nie.

Wes-Kaap:
Paaskonferensie: ‘n Hoogtepunt was ongetwyfeld Saterdagoggend se diens toe heelwat mense op die uitnodiging reageer het om vervul te word met die Heilige Gees. Ons kon na die tyd in die Gebedskamers saambid en die Here in die geloof daarvoor vertrou.
Rhodé het van die kinderdienste help aanbied en Saterdagaand die voorreg gehad om saam met ‘n dogtertjie te bid wat haar lewe vir die Here gegee het.

Namibië:
Paaskonferensie: Ek glo almal se hoogtepunt van die naweek was Saterdag middag. In die Namibië hitte het die Here ons so tasbaar kom besoek met Sy teenwoordigheid. Talle mense het na vore gekom met ‘n begeerte om opnuut die standaard van heiligheid te gaan uitleef. Ons loof die Here vir ‘n jongman vir wie ons baie gebid het, dat die Here ‘n groot werk kom doen in sy lewe dié naweek. Terwyl ons gewerk het en gedink het aan alles wat ons moes doen tydens die Paaskonferensie, het ek Saterdagoggend besef dat ek so besig was met my eie dinge en gedagtes dat ek nie die Here toegelaat het om met my te praat nie. Daardie aand daal die Heilige Gees neer en praat so duidelik met my. Ek kon my verootmoedig voor God en weer die Here vertrou om my opnuut te kom vul met Sy Gees. Net daardie een oomblik het die hele konferensie die moeite werd gemaak.

Oos-Kaap:
Dit was ‘n baie geseënde konferensie. Elke boodskap het soos ‘n skerp lig in ons harte geskyn, maar dit was Saterdagaand se boodskap, wat ‘n hele groep mense vorentoe gebring het. Baie was in trane toe hulle hul harte voor die Here uitstort.
Ons het 29-31 Maart ‘n Junior Jeugkamp gehad. Ons het regtig ń wonderlike naweek saam met hulle gehad. Oom Theunis het die woord so mooi op hulle vlak gebring daar is nie een wat kan sê hulle het dit nie duidelik verstaan. Ons was nie lank besig nie voordat ons agter gekom het dat baie van hulle uit baie moeilike huislike omstandighede kom. Ons bid gereeld nog vir al die kinders dat die Here die na-prediker van Sy Woord in hulle harte sal wees.

Noord-Kaap:
Ons het ‘n geseënde week van uitreike gehad by ‘n hoërskool. Ons het altesaam 39 klasse gehad. Daar was woelige klasse, maar wanneer dit by die kruis van Jesus kom, kon mens ‘n speld hoor val. Baie kinders het erken dat hulle verlore is en dat dit hulle pla. Ons bid dat die Heilige Gees die oortuigingswerk in hul harte sal doen. Ons het afgesluit met ‘n jeugaand waar daar 50 jongmense was. Ons eer die Here vir diegeleentheid om aan ‘n verloregaande wêreld die goeie nuus van die Evangelie te kan meedeel.

Oranje Rivier:
Ons het verskeie dorpe in die distrik besoek, en kon geleenthede kry by verskillende besighede wat regtig wonderlik is. Na een van die geleenthede het die bestuurder saam na ons motor toe geloop om ons te kom vra vir die skrifverwysing waaruit Daniël gepreek het sodat hy dit self later weer kon lees. Daar is ‘n klomp plase wat ingeryg is langs die rivier en die oom by wie ons gebly het het ons verwys na ‘n paar wat ons in die toekoms kan gaan sien in verband met dienste vir hulle plaaswerkers. Ons het ook die laerskool en hoërskool gekontak en hulle was positief oor die moontlikheid van Saal openinge in die toekoms. Ons is baie dankbaar vir die groot oop deur. Ons het ook ‘n paar geleenthede in Upington gehad (o.a. diens vir straatkinders) wat ook baie goed gegaan het.

Convention Speaker:
The tour in Southern Gauteng ending with a special convention on soul winning were a great privilege to be part of and we believe that much fruit resulted for God’s kingdom.
The Northwest Easter Convention at Betesda was attended by a lovely group of young Christians mainly and it was a joy to sense their excitement in and out of the services.

Noordwes:
Vaaldriehoek Veldtog: Dié was ‘n uitreik wat ek kan getuig dat die Here gewerk het. Die een oggend toe ek ‘n boodskap bring by ‘n skool vir Gr. 4-klas, het ek na die tyd ‘n uitnodiging gemaak, en daar het twee kindertjies uitgekom en gesê hulle wil hulle harte vir die Here gee. Ek het toe met hulle gepraat en op die ou end saam met hulle gebid. My hoogtepunt van die uitreik was die laaste Sondag diens gewees. Nadat die boodskap het die Here my kom bemoedig deur ‘n jong man waarmee ek gepraat het en hy getuig het dat die Here my gebruik het om hom na die Here te lei.”
Nog ‘n werker getuig: Een van die plekke wat vir my besonder geseënd was, was by ‘n laerskool waar daar 20 kinders gereageer het en saam gebid het vir redding. Een van daardie meisies het met ‘n erns persoonlik met my gepraat en die Here volkome vertrou om haar te vergewe. By een van die ouetehuise het ‘n ou dame die Here vertrou vir volkome sekerheid. In alles kan ek slegs die Here se Naam verheerlik.”
Ek het saam met ‘n oom en tannie gebid wat die Here vertrou het om hulle siele te red. Die tannie met trane in haar oë en die oom met ‘n ernstige glans in sy oog. Ons was ook by ‘n skool waar ons met nege kinders kon saambid.
Vrouekamp: Die boodskappe oor die vlinder het die hele proses vanaf wedergeboorte tot die heiligmaking en daarna aan ons verduidelik. Van die vroue het getuig dat hulle nooit weer dieselfde na ‘n vlinder sal kyk nie. Van die vroue het getuig van die groot werk wat die Here in hulle harte oor die naweek gedoen het.

Noord-Gauteng:
Pretoria veldtog: Tydens die uitreik het ons baie uitgereik tussen mense wat in soveel smart lewe. Die vraag het dikwels na my gekom; “Wie sal hulle kan verlos uit hierdie smart?” Die wonderlike antwoord was dan, die Here kan. Die laaste aand van die uitreik was egter vir my die hoogtepunt. Daar het ek die voorreg gehad om saam ‘n man vir redding te bid. Hy was so ryp vir die evangelie. Ek dank die Here vir die voorregom as mondstuk gebruik te kon word, asook dat dit Hyis wat siele red!
Nog ‘n werker getuig: Iets wat vir my ‘n nuwe en goeie ervaring was van die uitreik is die baie straatwerk. Ek het nog nooit regtig straatwerk gedoen soos wat ons dit op die uitreik gedoen het nie. Ek het dit op ‘n positiewe manier ervaar omdat ons by so baie mense kon uitkom, sien hoe die mense wat genooi is by die dienste opdaag was bemoedigend.
‘n Student getuig: Ek het tydens die week baie gegroei in my geestelike lewe en ook weer gesien hoe almagtig God is. Die eerste dag het ons van huis tot huis gegaan. By een huis het ek en ‘n ander student twee vrouens na die Here gelei en saam met hulle gebid vir redding. Wat ‘n bemoediging. Die hartseer van die week was ‘n tannie wat nie haar kinders kan vergewe nie, en daarom nie by die Here kan uitkom nie. Ook ‘n oom wat mens kan sien soekend is, maar daar is iets wat hom terughou.

VIR U VOORBIDDING

11-15 Mei – Danville reeks (Noord-Gauteng)

13-17 Mei – Ventersdorp (Noordwes)
15 Mei – CSV opening Kimberley
18 Mei – Damestee Pretoria tuine
17-19 Mei – Konferensie Pennington Natal
19 Mei – Eldoraigne Aftreeoord (N-Gauteng)
20 Mei – Hopetown Jeugaand
20-26 Mei – Potchefstroom
15-17 Mei – Cradock (Oos Kaap)
18-20 Mei – Tarkasstad (Oos Kaap)
21 Mei – Steynsburg (Oos-Kaap)
23-26 Mei – Burgersdorp (Oos-Kaap)
27-30 Mei – Aliwal Noord (Oos-Kaap)
25 Mei – 14 Junie – Glenvar studente Namibië toer
1 Junie – Hopetown manneontbyt
3-5 Junie – Kakamas (Oranje Rivier)
6 Junie – Pofadder (Oranje Rivier)
8-15 June – Rhinelander Annual Young Woman’s Convention – Mrs Jenny Daniel
7-9 Junie – Springbok (Oranje Rivier)
10-12 Junie – Kenhardt (Oranje Rivier)
3-7 Junie – Orania
9-12 Junie – Pinksterreeks Potchefstroom
17-21 Junie – Vakansie Bybelskole:
• Kimberley
• Velddrif
• Pretoria Tuine

24-28 Junie – Vakansie Bybelskole:
• Orania
• Potchefstroom

2-7 Julie & 15-21 Julie – Plaasbesoeke Noordwes
5-9 Julie – Sangveldtog Kaap
8-9 Julie – Raadsvergaderinge by Glenvar
10-14 Julie – Gebedskonferensie Glenvar

In Sy liefde
Frans & Erica Gericke

Hoofkantoor Bankbesonderhede

AFRICA EVANGELISTIC BAND
ABSA
Rek no.: 390 184 034

Dankie vir elke anonieme donasie vir die Hoofkantoor. Ons eer die Here!

“Onthou!”

Liewe Gebedsvriende

Ons groet u in die Wonderlike Naam van ons Verlosser. Ons is innig dankbaar vir elke gebedstryder en ondersteuner wat volhou om te bid vir elke werker in die AEB.

“Thou shalt remember all the way which the Lord thy God hath led thee these forty years.”—Deut. 8:2.

THE KEYNOTE of this chapter is “Remember!” Faith begins without certain evidence of an external and positive kind, but as life advances, one day after another adds the weight of its indisputable testimony. If we step out on the supposition that there is an eternal and spiritual world enwrapping us on all sides, we shall come to so clear and distinct an assurance of it, that it would be easier to doubt our existence. It is a good thing to look back and see the way; it is as certain as possible that the thread of Divine purpose is stringing together the many-coloured links of our life.

Notice the alliteration of Deut. 8:15, Deut. 8:16. “Who led thee”; “Who fed thee.” Where God leads, He feeds! Look back on the past, and see that just as sure as the guidance of God, has been His care. There is no lack to those who allow Him to lead them in His own paths.

Look back on the past!- It’s sins and backslidings-leave them behind for ever, and rise to newness of life. Its discipline- intended to chasten and strengthen us. Its trials- meant to reveal God’s power to deliver in the hour of trouble that we may glorify Him. The terrible wilderness of loneliness, the fiery serpents of temptation, the manna which has never failed to fall, the water which the Rock has ever yielded. Deut. 8:17-18 teach us the lesson of humility. If, for some reason, you have been put into a position of wealth, honour, or influence, do not be proud, or think that your talents or abilities are to receive the praise. Thank God, and remember that it is He who gives the power to get wealth or honour, and He does it with a very definite purpose! Will you not pledge yourself to serve and worship Him? As you climb the crest of the hill, and begin to descend into the plain, not knowing what lies before, veiled in the mist, fear not, tighten your girdle, put your hand in His, and walk with Him to be His instrument to bless the world of men. F.B. MEYER

NUUS UIT DIE VELD

Uit Noord- & Suid-Gauteng: Die Here het ons waarlik kom seën die afgelope paar aande. Ons het goeie opkomste na die dienste gehad, en die uitdaging tot sielewenners het kragtig deurgekom. Vanaand het ‘n man kragdadig met God ontmoet. Hy het gekom, omdat ‘n vriend hom genooi het, met die voorneme dat hy met God wil ontmoet en die Here het hom nie teleurgestel nie. ‘n Ander jong man het kragtig teruggekom na die Here Jesus. Bid asb. vir hulle.

Noordwes: Ons het saam met ‘n tannie van in die 80 gebid en in gebrokenheid en trane het sy die Here Jesus ontmoet. Die volgende dag het haar dogter kom getuig dat daar werklik ‘n verandering by haar ma is! Daar was trane van oortuiging soos die mense telkemale die Here Jesus gesoek het in die gebed vir Sy oorvloedige genade.

Namibië: God se belofte staan duidelik dat ek nie moet bekommer wees nie, want Hy is met my (Psalm 27). Met daardie woorde was dit ook hoe ek die naweek se jeugkamp aangepak het met vertroue op my Verlosser, dat Hy my sal lei in al Sy weë. Te dank aan ons Vader kan ek getuig dat die Here waarlik in die jongmense se harte kom werk het en dit nie deur wat ek of my medewerker gedoen het nie, maar God deur ons.

Noord-Kaap: Woensdagaand na die laaste diens het mense kom getuig van seën. ‘n Oom het kom dankie sê vir die Woord, die Here het met dinge kom handel waarmee hy worstel. Gaan voort om te bid asb.

VIR U VOORBIDDING

  • 20-23 Februarie – Hopetown uitreik. (Jeugaand 21ste & Manne ontbyt 23ste)

  • 22-24 Februarie – Vrouekamp – Noordwes

  • 22-24 Februarie – Sielewenners Konferensie – Samekoms, Noord- & Suid-Gauteng

  • 22-27 Februarie – How to be God’s Fisherman – Roy Daniel – Roodepoort

  • 25 Februarie – 1 Maart – Orania

  • 1 Maart – Vroue dag van Gebed – Magaliesburg

  • 2-10 Maart – Vaaldriehoek Makro Veldtog

  • 16-24 Maart – Noord-Gauteng Veldtog

  • 6-15 April – Suid-Gauteng Veldtog

PAASKONFERENSIES (18-21 April 2019)

  • Noordwes (Betesda) – Spreker: Mr & Mrs Keith Daniel

  • Noord-Gauteng (Samekoms) – Spreker: Ds. Johan Bothma

  • Vrystaat (Mispa) – Spreker: Ds. Hannes Delport

  • Oos-Kaap (Hebron) – Spreker: Ds. Dirk Lourens

  • Namibië (Emmanuel) – Spreker: Dr. DA Myburgh

  • Wes-Kaap (Amana) – Spreker: Mnr. J de Bruin.

In Sy liefde
Frans & Erica Gericke

Hoofkantoor Bankbesonderhede
AFRICA EVANGELISTIC BAND
ABSA
Rek no.: 390 184 034

Dankie vir elke anonieme donasie vir die Hoofkantoor. Ons eer die Here!

Lê dan af…

Dear prayer supporters

 Mr. Johan de Bruin (Chairperson and General Superintendent of the AEB) writes as follows:
“Mrs. Dalene Waterson retired after 46½ years of faithful service in the AEB.  She performed her duties as Treasurer with distinction as well as facing last year alone in Head Office after her husband’s death, Mr. Keith Waterson. We as Board are grateful to Mrs. Waterson for her devotion and continued prayers for the work of the AEB. We wish her a blessed retirement where she will settle in Pretoria at the end of 2018.

Mr. and Mrs. Frans Gericke will head the Head Office with effect from 2019 and the Head Office will then be operated from Pretoria and no longer from Parow in the Western Cape. ”

New Head Office contact details effective 1 January 2019:

Email
aebhoofkantoor@gmail.com

Home and contact address
 447A Sappers Contour, Lynnwood, Pretoria

Postal address: 
Postnet Suite #251, Private Bag X025, Lynnwoodrif, 0040

Telephone (Home and Work): 
012 348 1845

Sell nr: 
Mnr. Frans Gericke
082 359 1557

The banking details will stay the same:

Banking details:
AEB Gen/Sec
ABSA Bank
Account Nº: 390184034
Branch Nº: 632-005

Another valuable message from Keith Waterson

Colossians 3: 8: “But now ye also put off all these; anger, wrath, malice, blasphemy, filthy communication out of your mouth.”

HOW?
 1a) God saves by his Holy Spirit of a bad temper – it has been proven time and again – some at salvation, others at sanctification.
Depravity – a part of the old man – fruit of indwelling sin. Then it’s not just a natural emotion – it’s something out of control. 

1b) The ability to be angry is a God-given emotion. God gets angry. We were created after his image. “Be ye angry, and sin not.”

1c) Do not deny anger. You cannot just let it disappear. It will not leave by itself. If I keep it bottled up inside, it will causes head / body pains, criticism, impatience and even depression.

1d) Do not suppress it. You cherish a grudge and you enjoy it. Self-pity, un-forgiveness. It has the same effect. Head aches, pains, criticism, short temper. 

1e) Do not seek substitutes. Circumstances, pastor, employer make you angry and you take it out on your wife or children. Why are you in such a foul mood? Do not try to express it any other way – like shouting, “letting off steam”. It is not a biblical way. 

WHAT IS GOD’S WAY THEN?

Psalm 37: 7 has the Bible’s recipe – Bible psychology: 

“Rest in the Lord”
“wait patiently for him”
“fret not thyself ”

Rest in the Lord
Get quiet. Tell the Lord that you are angry or angry now. Ask yourself: Why am I angry? What is the cause? Is it right to get angry in this situation? Is this fair and permissible anger? Are my own selfish desires disgusting? Do I want to manipulate someone? Do I want to get revenge on someone? We must acknowledge wrath before we can put it off. We must be silent before the Lord before we act. Is my anger against a targeted person or an act? 

“Being angered is not the starter pistol at the beginning of the race, it is a red light meant for us to come to a standstill and take measure.”

“Rest in the Lord”

Wait patiently for him
It’s so wonderful that I can expect God in any situation. Can I look at the situation differently – this time with God’s eyes? Will others and God regard my actions as selfishness, trifle? How would it look if someone else reacted like that?
Expect HIM – do not keep thinking about it and do it around the clock. Expect the Lord. Discuss it with the Lord and regard it as completed.
Expect him – handle the matter so that you or others do not get hurt by dwelling on it. Expect his help.

Fret not thyself
He does not say: do not feel angry – but do not be angry. To feel angry is not sin. 
Galatians 5 – works of the flesh – “anger”. Fruit of the Spirit – all the opposite – long suffering, kindness, meekness. 
Make an effort to allow the Holy Spirit to control you. 

Proverbs 14:29: “He that is slow to wrath is of great understanding: but he that is hasty of spirit exalteth folly.”

Proverbs 15:18: “A wrathful man stirreth up strife: but he that is slow to anger appeaseth strife.”

Proverbs 16:32: “He that is slow to anger is better than the mighty; and he that ruleth his spirit than he that taketh a city.”  Do not be warthful.

Mrs. Grobler – Hebron: “Do not get upset and tense. You will not be able to live holy.”
Ds Gert van Rensburg: “Did you hear that?” To feel angry is not sin. To be angry is.

There are crises. In the crisis I have to make choices. In my choice, I have to “take up your cross”.

 Be silent before the Lord – Expect Him – Don’t be wrathful.

WEES SAAM MET ONS BLY — Lukas 15:6, 7

Wes-Kaap: “Ek glo dat die pas afgelope konferensie op Amana ‘n onuitwisbare indruk op die konferensiegangers gemaak het wat beslis ‘n rooiletter datum en defnitiewe keerpunt op meer as een persoon se geestelike kalender is. Saterdagmiddag het ds Johan Bothma oor die volheid van die Heilige Gees gepreek en na die diens ‘n uitnodiging gemaak. Ons was so bewus van die teenwoordigheid van die Here in die atmosfeer dat dit maklik was om ons voor die Here te verootmoedig. Veertien mense het vorentoe gegaan waarna ‘n Goddelike tyd van gebed gevolg het waartydens ons in gebrokenheid ons behoefte aan God bekend kon maak.”

Noord-Gauteng:  “Die konferensie op Samekoms was uiters geseënd gewees. Dit was lanklaas dat ek konferensiegangers so opgewonde gesien het en hoor praat het. Ek eer die Here dat Hy Ds. Jannie op so ‘n wyse kom gebruik het.” Jeugkamp Samekoms:  “Ek kon die eerste aand saam met ‘n jongmeisie bid vir redding… hoe ernstig sy was weet ek nie, maar die Here ken die harte. Die woensdag het ek die voorreg gehad om met ‘n ander jongmeisie te bid vir redding. Sy het die vorige dag met my gepraat en gesê sy is nie bereid om alles aan die Here oor te gee nie en sy vrees dat sy na twee weke net weer dieselfde sal wees.  Die aand het Taylor gevra wie bereid is om die Here met alles te volg. Sy het bly sit. Maar na die tyd het sy haastig kamer toe gegaan. Toe ek so rukkie later na haar kamer toe gaan, vind ek haar daar in trane. Nadat ek ‘n kort rukkie met haar begin praat het, het sy uit haar eie net begin bid. Daar het sy so opreg alles aan die Here oorgegee. Sy het ook die Here gevra om haar staande te hou. Ek kan waarlik sê dit was antwoord op gebed. Die Here het in haar hart kom werk en haar bereid gemaak om alles aan Hom oor te gee.” Ons dank die Here vir dit wat Hy kom doen het en gee Hom al die eer.”

Noord-Wes:  “Tydens die Lentekonferensie kon ons net bewus raak van die Here se teenwoordigheid in ons midde en met die laaste diens was daar ‘n groot deurbraak in harte van die mense. Alle eer aan Jesus. Wat regtig ‘n riem onder die hart was is hoeveel mense op die kampterein oorgebly het en middae het dag- besoekers gerus om volgende diens by te woon.” 

VIR U VOLGEHOUE VOORBIDDING:

Nationale AEB Konferensie: 12-16 Des 2018

( naby Winburg in die Vrystaat)

    Raadsvergaderings: 6-7 Des 2018

    Pelgrimdienste: 8-11 Des 2018

    Konferensie: 12-16 Des 2018

    Sprekers: Mnr K Daniel en Dr K Geldenhuys

* 30 Okt: Piet Retief Jeugdiens

*  4 Nov: Parow Maandelikse Diens – Glenvar

* 4 Nov: P.E. Maandelikse Diens

* 7–23 Nov:  Besoeke in Parys, Potchefstroom en

   Lichtenburg.

* 9 – 11 Nov: Uitreik op Laingsburg.

* 12 – 16 Nov: Uitreik op Sutherland.

* 24 November: Glenvar Diplomadiens — Ds

   Richard Verreyne

* 24 Nov: Hebron jaareind afsluiting — Oos-Kaap

* Mnr K Daniel  in Amerika:

2-4 November: Wisconsin

9-17 November: Manhattan, New York.

Met dank teenoor ons getroue Hemelse Vader en die gewers, erken ons die volgende naamlose donasies: 12/07: R300; 3/09: R4000; 29/09: R500. XYZ: 2/07: R200; 31/08: R250; 2/10: R200.  HJC: 4/07: R1100, R200; 26/07:R400; 1/08: R1000, R200; 31/08: R350; 5/09: R1100, R200; 1/10: R1325, R200.

Namens die AEB wens ons u ‘n Christus-gevulde Kersgety en geseënde  Nuwe Jaar toe.

Mag u “EmmÁnnuel, God met ons”  in 2019 ervaar.

AEB HOOFKANTOOR

« Older posts Newer posts »