Afrika Evangeliese Bond

"Maar soek eers die koninkryk van God"

Page 3 of 3

Oorwin deur gebed

Liewe Gebedsvriende

Ons eer die Here vir die wonderlike tye van seën die afgelope tyd tydens konferensies en uitreike op verskillende plekke in die land. Baie dankie vir u gebede en ondersteuning wat die hande van elke werker omhoog hou maar ook instaat stel om voort te gaan in die roeping waarmee God hulle geroep het.

“Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek. Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.” (Klaagl. 3:25,26)

Dit was die uur toe neerlaag onvermydelik geskyn het dat Josua in die gebed voor God alleen gestaan het, en die antwoord was ‘n glorieryke oorwinning oor die vyf konings. Dit was die ure toe Elia met God gemeenskap beoefen het wat vuur uit die hemel gebring het wat Agab oortuig het dat die Here God was. Dit was die ure wat Jona in die diep see in die maag van die groot vis met Hom deurgebring het, wat hom voorberei het om vir die mense van Nineve bekering te preek. Dit was die ure wat Daniël in die bo-kamer alleen met God deurgebring het wat hom ‘n vors onder mense gemaak het en hom ook in die leeukuil gered het. Dit was die ure wat die dissipels in die bo-vertrek op die Heer gewag het wat hulle in staat gestel het om met Pinkster drieduisend siele in die Koninkryk in te preek. Dit was die ure wat die apostel Paulus alleen in die gebed deurgebring het wat hom in staat gestel het om Felix te laat bewe en koning Agrippa te laat uitroep: “Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word!” Dit was die ure wat Gladstone alleen in die gebed met God deurgebring het wat van hom die wyse en veilige leier van Engeland gemaak het. Dit was die ure wat Spurgeon alleen in die gebed vertoef het wat van hom die grootste prediker sedert die dae van Paulus gemaak het. – Chas E Cowman

“Die ware oorwinning in alle diens word vooraf in die geheim deur gebed behaal. Diens is die insameling van die resultate.”

Nuus uit die veld

Vrystaat:
Jeugkamp: Die Here het 20 kinders gestuur waarvan klomp uit kinderhuise kom en absoluut stukkend en gebroke is. Ons harte was so seer om te hoor wat met baie van die kinders gebeur het. Een seun was baie soekend en het omtrent met elke diens gereageer. Een van die werkers kon saam met hom bid en ons glo met ons hele hart dat die Here vir daardie jongman iets kom doen het. ‘n Ander meisie het teenoor ons as werkers oop gemaak en ons kon duidelik agtergekom het dat die meisie se sonde besig is om haar te pla. Sondagmiddag met middagete was ‘n baie moeilike tyd. Baie van die kinderhuis kinders was in trane, hulle wil nie terug gaan kinderhuise toe nie. Een jongman het gevra of hy nie maar by Mispa kan bly en ons terug kinderhuis toe gaan in sy plek nie.

Wes-Kaap:
Paaskonferensie: ‘n Hoogtepunt was ongetwyfeld Saterdagoggend se diens toe heelwat mense op die uitnodiging reageer het om vervul te word met die Heilige Gees. Ons kon na die tyd in die Gebedskamers saambid en die Here in die geloof daarvoor vertrou.
Rhodé het van die kinderdienste help aanbied en Saterdagaand die voorreg gehad om saam met ‘n dogtertjie te bid wat haar lewe vir die Here gegee het.

Namibië:
Paaskonferensie: Ek glo almal se hoogtepunt van die naweek was Saterdag middag. In die Namibië hitte het die Here ons so tasbaar kom besoek met Sy teenwoordigheid. Talle mense het na vore gekom met ‘n begeerte om opnuut die standaard van heiligheid te gaan uitleef. Ons loof die Here vir ‘n jongman vir wie ons baie gebid het, dat die Here ‘n groot werk kom doen in sy lewe dié naweek. Terwyl ons gewerk het en gedink het aan alles wat ons moes doen tydens die Paaskonferensie, het ek Saterdagoggend besef dat ek so besig was met my eie dinge en gedagtes dat ek nie die Here toegelaat het om met my te praat nie. Daardie aand daal die Heilige Gees neer en praat so duidelik met my. Ek kon my verootmoedig voor God en weer die Here vertrou om my opnuut te kom vul met Sy Gees. Net daardie een oomblik het die hele konferensie die moeite werd gemaak.

Oos-Kaap:
Dit was ‘n baie geseënde konferensie. Elke boodskap het soos ‘n skerp lig in ons harte geskyn, maar dit was Saterdagaand se boodskap, wat ‘n hele groep mense vorentoe gebring het. Baie was in trane toe hulle hul harte voor die Here uitstort.
Ons het 29-31 Maart ‘n Junior Jeugkamp gehad. Ons het regtig ń wonderlike naweek saam met hulle gehad. Oom Theunis het die woord so mooi op hulle vlak gebring daar is nie een wat kan sê hulle het dit nie duidelik verstaan. Ons was nie lank besig nie voordat ons agter gekom het dat baie van hulle uit baie moeilike huislike omstandighede kom. Ons bid gereeld nog vir al die kinders dat die Here die na-prediker van Sy Woord in hulle harte sal wees.

Noord-Kaap:
Ons het ‘n geseënde week van uitreike gehad by ‘n hoërskool. Ons het altesaam 39 klasse gehad. Daar was woelige klasse, maar wanneer dit by die kruis van Jesus kom, kon mens ‘n speld hoor val. Baie kinders het erken dat hulle verlore is en dat dit hulle pla. Ons bid dat die Heilige Gees die oortuigingswerk in hul harte sal doen. Ons het afgesluit met ‘n jeugaand waar daar 50 jongmense was. Ons eer die Here vir diegeleentheid om aan ‘n verloregaande wêreld die goeie nuus van die Evangelie te kan meedeel.

Oranje Rivier:
Ons het verskeie dorpe in die distrik besoek, en kon geleenthede kry by verskillende besighede wat regtig wonderlik is. Na een van die geleenthede het die bestuurder saam na ons motor toe geloop om ons te kom vra vir die skrifverwysing waaruit Daniël gepreek het sodat hy dit self later weer kon lees. Daar is ‘n klomp plase wat ingeryg is langs die rivier en die oom by wie ons gebly het het ons verwys na ‘n paar wat ons in die toekoms kan gaan sien in verband met dienste vir hulle plaaswerkers. Ons het ook die laerskool en hoërskool gekontak en hulle was positief oor die moontlikheid van Saal openinge in die toekoms. Ons is baie dankbaar vir die groot oop deur. Ons het ook ‘n paar geleenthede in Upington gehad (o.a. diens vir straatkinders) wat ook baie goed gegaan het.

Convention Speaker:
The tour in Southern Gauteng ending with a special convention on soul winning were a great privilege to be part of and we believe that much fruit resulted for God’s kingdom.
The Northwest Easter Convention at Betesda was attended by a lovely group of young Christians mainly and it was a joy to sense their excitement in and out of the services.

Noordwes:
Vaaldriehoek Veldtog: Dié was ‘n uitreik wat ek kan getuig dat die Here gewerk het. Die een oggend toe ek ‘n boodskap bring by ‘n skool vir Gr. 4-klas, het ek na die tyd ‘n uitnodiging gemaak, en daar het twee kindertjies uitgekom en gesê hulle wil hulle harte vir die Here gee. Ek het toe met hulle gepraat en op die ou end saam met hulle gebid. My hoogtepunt van die uitreik was die laaste Sondag diens gewees. Nadat die boodskap het die Here my kom bemoedig deur ‘n jong man waarmee ek gepraat het en hy getuig het dat die Here my gebruik het om hom na die Here te lei.”
Nog ‘n werker getuig: Een van die plekke wat vir my besonder geseënd was, was by ‘n laerskool waar daar 20 kinders gereageer het en saam gebid het vir redding. Een van daardie meisies het met ‘n erns persoonlik met my gepraat en die Here volkome vertrou om haar te vergewe. By een van die ouetehuise het ‘n ou dame die Here vertrou vir volkome sekerheid. In alles kan ek slegs die Here se Naam verheerlik.”
Ek het saam met ‘n oom en tannie gebid wat die Here vertrou het om hulle siele te red. Die tannie met trane in haar oë en die oom met ‘n ernstige glans in sy oog. Ons was ook by ‘n skool waar ons met nege kinders kon saambid.
Vrouekamp: Die boodskappe oor die vlinder het die hele proses vanaf wedergeboorte tot die heiligmaking en daarna aan ons verduidelik. Van die vroue het getuig dat hulle nooit weer dieselfde na ‘n vlinder sal kyk nie. Van die vroue het getuig van die groot werk wat die Here in hulle harte oor die naweek gedoen het.

Noord-Gauteng:
Pretoria veldtog: Tydens die uitreik het ons baie uitgereik tussen mense wat in soveel smart lewe. Die vraag het dikwels na my gekom; “Wie sal hulle kan verlos uit hierdie smart?” Die wonderlike antwoord was dan, die Here kan. Die laaste aand van die uitreik was egter vir my die hoogtepunt. Daar het ek die voorreg gehad om saam ‘n man vir redding te bid. Hy was so ryp vir die evangelie. Ek dank die Here vir die voorregom as mondstuk gebruik te kon word, asook dat dit Hyis wat siele red!
Nog ‘n werker getuig: Iets wat vir my ‘n nuwe en goeie ervaring was van die uitreik is die baie straatwerk. Ek het nog nooit regtig straatwerk gedoen soos wat ons dit op die uitreik gedoen het nie. Ek het dit op ‘n positiewe manier ervaar omdat ons by so baie mense kon uitkom, sien hoe die mense wat genooi is by die dienste opdaag was bemoedigend.
‘n Student getuig: Ek het tydens die week baie gegroei in my geestelike lewe en ook weer gesien hoe almagtig God is. Die eerste dag het ons van huis tot huis gegaan. By een huis het ek en ‘n ander student twee vrouens na die Here gelei en saam met hulle gebid vir redding. Wat ‘n bemoediging. Die hartseer van die week was ‘n tannie wat nie haar kinders kan vergewe nie, en daarom nie by die Here kan uitkom nie. Ook ‘n oom wat mens kan sien soekend is, maar daar is iets wat hom terughou.

VIR U VOORBIDDING

11-15 Mei – Danville reeks (Noord-Gauteng)

13-17 Mei – Ventersdorp (Noordwes)
15 Mei – CSV opening Kimberley
18 Mei – Damestee Pretoria tuine
17-19 Mei – Konferensie Pennington Natal
19 Mei – Eldoraigne Aftreeoord (N-Gauteng)
20 Mei – Hopetown Jeugaand
20-26 Mei – Potchefstroom
15-17 Mei – Cradock (Oos Kaap)
18-20 Mei – Tarkasstad (Oos Kaap)
21 Mei – Steynsburg (Oos-Kaap)
23-26 Mei – Burgersdorp (Oos-Kaap)
27-30 Mei – Aliwal Noord (Oos-Kaap)
25 Mei – 14 Junie – Glenvar studente Namibië toer
1 Junie – Hopetown manneontbyt
3-5 Junie – Kakamas (Oranje Rivier)
6 Junie – Pofadder (Oranje Rivier)
8-15 June – Rhinelander Annual Young Woman’s Convention – Mrs Jenny Daniel
7-9 Junie – Springbok (Oranje Rivier)
10-12 Junie – Kenhardt (Oranje Rivier)
3-7 Junie – Orania
9-12 Junie – Pinksterreeks Potchefstroom
17-21 Junie – Vakansie Bybelskole:
• Kimberley
• Velddrif
• Pretoria Tuine

24-28 Junie – Vakansie Bybelskole:
• Orania
• Potchefstroom

2-7 Julie & 15-21 Julie – Plaasbesoeke Noordwes
5-9 Julie – Sangveldtog Kaap
8-9 Julie – Raadsvergaderinge by Glenvar
10-14 Julie – Gebedskonferensie Glenvar

In Sy liefde
Frans & Erica Gericke

Hoofkantoor Bankbesonderhede

AFRICA EVANGELISTIC BAND
ABSA
Rek no.: 390 184 034

Dankie vir elke anonieme donasie vir die Hoofkantoor. Ons eer die Here!

“Onthou!”

Liewe Gebedsvriende

Ons groet u in die Wonderlike Naam van ons Verlosser. Ons is innig dankbaar vir elke gebedstryder en ondersteuner wat volhou om te bid vir elke werker in die AEB.

“Thou shalt remember all the way which the Lord thy God hath led thee these forty years.”—Deut. 8:2.

THE KEYNOTE of this chapter is “Remember!” Faith begins without certain evidence of an external and positive kind, but as life advances, one day after another adds the weight of its indisputable testimony. If we step out on the supposition that there is an eternal and spiritual world enwrapping us on all sides, we shall come to so clear and distinct an assurance of it, that it would be easier to doubt our existence. It is a good thing to look back and see the way; it is as certain as possible that the thread of Divine purpose is stringing together the many-coloured links of our life.

Notice the alliteration of Deut. 8:15, Deut. 8:16. “Who led thee”; “Who fed thee.” Where God leads, He feeds! Look back on the past, and see that just as sure as the guidance of God, has been His care. There is no lack to those who allow Him to lead them in His own paths.

Look back on the past!- It’s sins and backslidings-leave them behind for ever, and rise to newness of life. Its discipline- intended to chasten and strengthen us. Its trials- meant to reveal God’s power to deliver in the hour of trouble that we may glorify Him. The terrible wilderness of loneliness, the fiery serpents of temptation, the manna which has never failed to fall, the water which the Rock has ever yielded. Deut. 8:17-18 teach us the lesson of humility. If, for some reason, you have been put into a position of wealth, honour, or influence, do not be proud, or think that your talents or abilities are to receive the praise. Thank God, and remember that it is He who gives the power to get wealth or honour, and He does it with a very definite purpose! Will you not pledge yourself to serve and worship Him? As you climb the crest of the hill, and begin to descend into the plain, not knowing what lies before, veiled in the mist, fear not, tighten your girdle, put your hand in His, and walk with Him to be His instrument to bless the world of men. F.B. MEYER

NUUS UIT DIE VELD

Uit Noord- & Suid-Gauteng: Die Here het ons waarlik kom seën die afgelope paar aande. Ons het goeie opkomste na die dienste gehad, en die uitdaging tot sielewenners het kragtig deurgekom. Vanaand het ‘n man kragdadig met God ontmoet. Hy het gekom, omdat ‘n vriend hom genooi het, met die voorneme dat hy met God wil ontmoet en die Here het hom nie teleurgestel nie. ‘n Ander jong man het kragtig teruggekom na die Here Jesus. Bid asb. vir hulle.

Noordwes: Ons het saam met ‘n tannie van in die 80 gebid en in gebrokenheid en trane het sy die Here Jesus ontmoet. Die volgende dag het haar dogter kom getuig dat daar werklik ‘n verandering by haar ma is! Daar was trane van oortuiging soos die mense telkemale die Here Jesus gesoek het in die gebed vir Sy oorvloedige genade.

Namibië: God se belofte staan duidelik dat ek nie moet bekommer wees nie, want Hy is met my (Psalm 27). Met daardie woorde was dit ook hoe ek die naweek se jeugkamp aangepak het met vertroue op my Verlosser, dat Hy my sal lei in al Sy weë. Te dank aan ons Vader kan ek getuig dat die Here waarlik in die jongmense se harte kom werk het en dit nie deur wat ek of my medewerker gedoen het nie, maar God deur ons.

Noord-Kaap: Woensdagaand na die laaste diens het mense kom getuig van seën. ‘n Oom het kom dankie sê vir die Woord, die Here het met dinge kom handel waarmee hy worstel. Gaan voort om te bid asb.

VIR U VOORBIDDING

  • 20-23 Februarie – Hopetown uitreik. (Jeugaand 21ste & Manne ontbyt 23ste)

  • 22-24 Februarie – Vrouekamp – Noordwes

  • 22-24 Februarie – Sielewenners Konferensie – Samekoms, Noord- & Suid-Gauteng

  • 22-27 Februarie – How to be God’s Fisherman – Roy Daniel – Roodepoort

  • 25 Februarie – 1 Maart – Orania

  • 1 Maart – Vroue dag van Gebed – Magaliesburg

  • 2-10 Maart – Vaaldriehoek Makro Veldtog

  • 16-24 Maart – Noord-Gauteng Veldtog

  • 6-15 April – Suid-Gauteng Veldtog

PAASKONFERENSIES (18-21 April 2019)

  • Noordwes (Betesda) – Spreker: Mr & Mrs Keith Daniel

  • Noord-Gauteng (Samekoms) – Spreker: Ds. Johan Bothma

  • Vrystaat (Mispa) – Spreker: Ds. Hannes Delport

  • Oos-Kaap (Hebron) – Spreker: Ds. Dirk Lourens

  • Namibië (Emmanuel) – Spreker: Dr. DA Myburgh

  • Wes-Kaap (Amana) – Spreker: Mnr. J de Bruin.

In Sy liefde
Frans & Erica Gericke

Hoofkantoor Bankbesonderhede
AFRICA EVANGELISTIC BAND
ABSA
Rek no.: 390 184 034

Dankie vir elke anonieme donasie vir die Hoofkantoor. Ons eer die Here!

Lê dan af…

Dear prayer supporters

 Mr. Johan de Bruin (Chairperson and General Superintendent of the AEB) writes as follows:
“Mrs. Dalene Waterson retired after 46½ years of faithful service in the AEB.  She performed her duties as Treasurer with distinction as well as facing last year alone in Head Office after her husband’s death, Mr. Keith Waterson. We as Board are grateful to Mrs. Waterson for her devotion and continued prayers for the work of the AEB. We wish her a blessed retirement where she will settle in Pretoria at the end of 2018.

Mr. and Mrs. Frans Gericke will head the Head Office with effect from 2019 and the Head Office will then be operated from Pretoria and no longer from Parow in the Western Cape. ”

New Head Office contact details effective 1 January 2019:

Email
aebhoofkantoor@gmail.com

Home and contact address
 447A Sappers Contour, Lynnwood, Pretoria

Postal address: 
Postnet Suite #251, Private Bag X025, Lynnwoodrif, 0040

Telephone (Home and Work): 
012 348 1845

Sell nr: 
Mnr. Frans Gericke
082 359 1557

The banking details will stay the same:

Banking details:
AEB Gen/Sec
ABSA Bank
Account Nº: 390184034
Branch Nº: 632-005

Another valuable message from Keith Waterson

Colossians 3: 8: “But now ye also put off all these; anger, wrath, malice, blasphemy, filthy communication out of your mouth.”

HOW?
 1a) God saves by his Holy Spirit of a bad temper – it has been proven time and again – some at salvation, others at sanctification.
Depravity – a part of the old man – fruit of indwelling sin. Then it’s not just a natural emotion – it’s something out of control. 

1b) The ability to be angry is a God-given emotion. God gets angry. We were created after his image. “Be ye angry, and sin not.”

1c) Do not deny anger. You cannot just let it disappear. It will not leave by itself. If I keep it bottled up inside, it will causes head / body pains, criticism, impatience and even depression.

1d) Do not suppress it. You cherish a grudge and you enjoy it. Self-pity, un-forgiveness. It has the same effect. Head aches, pains, criticism, short temper. 

1e) Do not seek substitutes. Circumstances, pastor, employer make you angry and you take it out on your wife or children. Why are you in such a foul mood? Do not try to express it any other way – like shouting, “letting off steam”. It is not a biblical way. 

WHAT IS GOD’S WAY THEN?

Psalm 37: 7 has the Bible’s recipe – Bible psychology: 

“Rest in the Lord”
“wait patiently for him”
“fret not thyself ”

Rest in the Lord
Get quiet. Tell the Lord that you are angry or angry now. Ask yourself: Why am I angry? What is the cause? Is it right to get angry in this situation? Is this fair and permissible anger? Are my own selfish desires disgusting? Do I want to manipulate someone? Do I want to get revenge on someone? We must acknowledge wrath before we can put it off. We must be silent before the Lord before we act. Is my anger against a targeted person or an act? 

“Being angered is not the starter pistol at the beginning of the race, it is a red light meant for us to come to a standstill and take measure.”

“Rest in the Lord”

Wait patiently for him
It’s so wonderful that I can expect God in any situation. Can I look at the situation differently – this time with God’s eyes? Will others and God regard my actions as selfishness, trifle? How would it look if someone else reacted like that?
Expect HIM – do not keep thinking about it and do it around the clock. Expect the Lord. Discuss it with the Lord and regard it as completed.
Expect him – handle the matter so that you or others do not get hurt by dwelling on it. Expect his help.

Fret not thyself
He does not say: do not feel angry – but do not be angry. To feel angry is not sin. 
Galatians 5 – works of the flesh – “anger”. Fruit of the Spirit – all the opposite – long suffering, kindness, meekness. 
Make an effort to allow the Holy Spirit to control you. 

Proverbs 14:29: “He that is slow to wrath is of great understanding: but he that is hasty of spirit exalteth folly.”

Proverbs 15:18: “A wrathful man stirreth up strife: but he that is slow to anger appeaseth strife.”

Proverbs 16:32: “He that is slow to anger is better than the mighty; and he that ruleth his spirit than he that taketh a city.”  Do not be warthful.

Mrs. Grobler – Hebron: “Do not get upset and tense. You will not be able to live holy.”
Ds Gert van Rensburg: “Did you hear that?” To feel angry is not sin. To be angry is.

There are crises. In the crisis I have to make choices. In my choice, I have to “take up your cross”.

 Be silent before the Lord – Expect Him – Don’t be wrathful.

WEES SAAM MET ONS BLY — Lukas 15:6, 7

Wes-Kaap: “Ek glo dat die pas afgelope konferensie op Amana ‘n onuitwisbare indruk op die konferensiegangers gemaak het wat beslis ‘n rooiletter datum en defnitiewe keerpunt op meer as een persoon se geestelike kalender is. Saterdagmiddag het ds Johan Bothma oor die volheid van die Heilige Gees gepreek en na die diens ‘n uitnodiging gemaak. Ons was so bewus van die teenwoordigheid van die Here in die atmosfeer dat dit maklik was om ons voor die Here te verootmoedig. Veertien mense het vorentoe gegaan waarna ‘n Goddelike tyd van gebed gevolg het waartydens ons in gebrokenheid ons behoefte aan God bekend kon maak.”

Noord-Gauteng:  “Die konferensie op Samekoms was uiters geseënd gewees. Dit was lanklaas dat ek konferensiegangers so opgewonde gesien het en hoor praat het. Ek eer die Here dat Hy Ds. Jannie op so ‘n wyse kom gebruik het.” Jeugkamp Samekoms:  “Ek kon die eerste aand saam met ‘n jongmeisie bid vir redding… hoe ernstig sy was weet ek nie, maar die Here ken die harte. Die woensdag het ek die voorreg gehad om met ‘n ander jongmeisie te bid vir redding. Sy het die vorige dag met my gepraat en gesê sy is nie bereid om alles aan die Here oor te gee nie en sy vrees dat sy na twee weke net weer dieselfde sal wees.  Die aand het Taylor gevra wie bereid is om die Here met alles te volg. Sy het bly sit. Maar na die tyd het sy haastig kamer toe gegaan. Toe ek so rukkie later na haar kamer toe gaan, vind ek haar daar in trane. Nadat ek ‘n kort rukkie met haar begin praat het, het sy uit haar eie net begin bid. Daar het sy so opreg alles aan die Here oorgegee. Sy het ook die Here gevra om haar staande te hou. Ek kan waarlik sê dit was antwoord op gebed. Die Here het in haar hart kom werk en haar bereid gemaak om alles aan Hom oor te gee.” Ons dank die Here vir dit wat Hy kom doen het en gee Hom al die eer.”

Noord-Wes:  “Tydens die Lentekonferensie kon ons net bewus raak van die Here se teenwoordigheid in ons midde en met die laaste diens was daar ‘n groot deurbraak in harte van die mense. Alle eer aan Jesus. Wat regtig ‘n riem onder die hart was is hoeveel mense op die kampterein oorgebly het en middae het dag- besoekers gerus om volgende diens by te woon.” 

VIR U VOLGEHOUE VOORBIDDING:

Nationale AEB Konferensie: 12-16 Des 2018

( naby Winburg in die Vrystaat)

    Raadsvergaderings: 6-7 Des 2018

    Pelgrimdienste: 8-11 Des 2018

    Konferensie: 12-16 Des 2018

    Sprekers: Mnr K Daniel en Dr K Geldenhuys

* 30 Okt: Piet Retief Jeugdiens

*  4 Nov: Parow Maandelikse Diens – Glenvar

* 4 Nov: P.E. Maandelikse Diens

* 7–23 Nov:  Besoeke in Parys, Potchefstroom en

   Lichtenburg.

* 9 – 11 Nov: Uitreik op Laingsburg.

* 12 – 16 Nov: Uitreik op Sutherland.

* 24 November: Glenvar Diplomadiens — Ds

   Richard Verreyne

* 24 Nov: Hebron jaareind afsluiting — Oos-Kaap

* Mnr K Daniel  in Amerika:

2-4 November: Wisconsin

9-17 November: Manhattan, New York.

Met dank teenoor ons getroue Hemelse Vader en die gewers, erken ons die volgende naamlose donasies: 12/07: R300; 3/09: R4000; 29/09: R500. XYZ: 2/07: R200; 31/08: R250; 2/10: R200.  HJC: 4/07: R1100, R200; 26/07:R400; 1/08: R1000, R200; 31/08: R350; 5/09: R1100, R200; 1/10: R1325, R200.

Namens die AEB wens ons u ‘n Christus-gevulde Kersgety en geseënde  Nuwe Jaar toe.

Mag u “EmmÁnnuel, God met ons”  in 2019 ervaar.

AEB HOOFKANTOOR

Gebed wat tel

GEBED WAT TEL 

Die private plek van gebed – “gaan in jou binnekamer en sluit jou deur.”
Die binnekamer praat van my mondering. Natuurlik kan ‘n mens enige plek bid. Al wat Jesus hier gesê het, was dat die gebed wat tel, nie deur publisiteit, professionalisme, hoogmoed of skyn besoedel mag word nie. Dit het met ‘n verhouding te doen, “Onse Vader”. Dit is verhewe, hemelse werk. Ongereddes en vleeslike Christene kan nie bid nie. Watchman Nee sê: “… om die wil van God in gebed te wete te kom, eis nie soseer die regte metode nie, maar ‘n hart wat reg is.” In die binnekamer is ons deurskynend, daar is ons “ … oop en bloot voor Hom met wie ons te doen het.” (Heb. 4:13). Daar is ek presies wie ek is. Daar tel alleenlik opregtheid en reinheid. Die binnekamer praat van motivering. ‘n Christen sal net die binnekamer ingaan as hy genoeg gemotiveer is. Daar was ‘n advertensie oor die radio en televisie wat eindig met die sterkste rede om ‘n spesifieke produk te koop: “Ek wil dit hê omdat ek dit wil hê.” Die binnekamer daarenteen, is dat ek nie daarsonder in my lewe kan klaarkom nie. Die grootste vyand van gebed is nie die gebrek aan tyd nie, maar gebrek aan motivering.
Die binnekamer praat van medewerking. Een van die swaarste dinge in verband met gebed is om die deur van die binnekamer toe te hou. CH Spurgeon, die groot prediker, het die gewoonte gehad om elke Saterdagaand in sy studeerkamer te bly en ongehinderd te bid en op die Here te wag vir die Sondag se dienste. By een geleentheid het sy dienskneg hom kom steur met die boodskap dat daar iemand was wat aandring om Spurgeon te sien. Die persoon was ook ‘n dienskneg van die Here. Spurgeon, wat die binnekamer bo alles geplaas het, het sy dienskneg teruggestuur met die woorde: “Sê vir hom, ek is besig met die Meester self en kan nie nou sy dienskneg te woord staan nie.”

Die resultaat van gebed – “… sal jou in die openbaar vergelde” (Matt 6:6)
Job vra, “Wat is die Almagtige dat ons Hom soudien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?” (Job 21:15). Daar is drie produkte wat gebed voortbring:
Geestelike Volwassenheid:
Die woord “openbaar” in die oorspronklike taal, is ‘n duideliker gedagte van ‘n openbaring. In Exodus 34:29 lees ons dat Moses se gesig geblink het, omdat hy in gemeenskap met God verkeer het – “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid as deur die Here wat die Gees is” (2 Kor. 3:18). ‘n Openbaring van God laat geen mens onveranderd nie. My houding, gesindhede, reaksies en lewe sal getuig van my gebedslewe, of die gebrek daaraan.
Gemoedsrus:
In dié verband sê Jesus dat daar geen rede is om oor die lewe, besittings, noodsaaklikhede en die toekoms te bekommer nie. Gemeenskap met God in gebed bring ‘n kalmte, ‘n vertroue en ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan. Paulus in die storm, kon die ander moed in praat omdat ‘n engel van God in daardie nag in gebed aan hom verskyn het (Hand 27:22-25).
Bruikbaarheid:
Die woord “vergelde” beteken gee of teruggee. Hy vergeld ons deurdat Hy ons gebede verhoor. Hoe min kan ons vir die heil van siele doen, of hulle omstandighede verander. Hoe véél kan God vir hulle deur ons doen! Die wat reg bid, leef reg. Die wat goed bid, werk goed en die wat die meeste bid, bereik die meeste. Gebed wat tel, is nie ‘n oppervlakkige uiting van woorde nie, maar ‘n innerlike verlange van die hart.

WEES SAAM MET ONS BLY — Lukas 15:6, 7
Namibië
Otjiwarongo Pinkster:
Die Pinkster dienste by die NG Kerk was besonders geseënd. Ons kon telkemale na afloop van die geleenthede saam met mense geestelik gesels en sien hoe die dienste ‘n impak op die gemeenskap gehad het.

Tsumeb Pinkster:
Soos elke jaar, was die Tsumeb uitreik oorlaai met geleenthede. Ons kon met 7173 siele die evangelie deel tydens dié paar dae in Tsumeb.

Glenvar
Namibië toer:
Die Here het die dienste geseën en in harte gewerk. By die laaste diens kon daar met enkele mense vir verskeie geestelike behoeftes gebid word en een jong paartjie hetteenoor my getuig dat die Here beslis vir hulle iets gedoen het. Daar was ook geleenthede by besighede, skole, ouetehuise en ander plekke waar die Here se Woord uitgegaan het.

Vakansie Bybelklub:
Tussen 30 en 40 kinders het elke dag die klub bygewoon. Ook daar het outjies hulle harte vir die Here oopgemaak.
‘n Getuienis van ‘n persoon wat die geleenthede bygewoon het: ”In woorde kan ek nie genoeg dankie sê dat julle die boodskap kom bring het nie en ook wil ek baie dankie sê dat julle na ons dorp gekom het. Ons het dit so nodig.”

Noord-Kaap
Springbok: Daar was ‘n seun by die jeugkamp wat sy pa onlangs aan die dood afgestaan het. Die Saterdag het ons opgemerk die seun is in trane. Hy mis sy pa. Daardie aand kon een van die pelgrims saam met daardie jongman bid, waar hy vergifnis vir sy sondes ontvang het deur die kosbare bloed van Jesus Christus en hy ook sy pa kon vergewe het vir dinge wat sy pa aan hom gedoen het.

Wes-Kaap
Stellenbosch straatwerk:
Saam met Glenvar se mansstudente het hierdie uitreik weer ‘n paar hoogtepunte vir ons almal opgelewer. Ek sal nooit die twee studente van Stellenbosch vergeet, diep bewus van hulle sielenood, wat tydens aparte insidente vir my gevra het om vir
hulle te bid nie. Dan word dit heilige grond onder die plataanbome in Victoriastraat weens God se teenwoordigheid.

Oos-Kaap
Konferensie:
Van die eerste boodskap, wat die tema gehad het: “Stof Toe!” het die Here met ons gepraat. Tydens die getuienisdiens, het mense spontaan getuig wat die Here vir hulle gedoen het gedurende die konferensie.

Jeugkamp:
Die Here het ons verras met 17 jongmense. Met die afsluiting, was daar 36 mense en ons eer die Here dat Hy net weer ons geloof kom versterk het. Die getuienisse wat ons van die jeugkamp ontvang het, is so wonderlik, die kinders kan nie wag en is so opgewonde vir ‘n volgende kamp.

Noord-Gauteng
Middelburg uitreik:
Daar is groot dankbaarheid in ons harte teenoor ons Hemelse
Vader vir die geseënde uitreik op Middelburg die afgelope 8 dae. Ons het wonderlike oop deure gehad om die Evangelie te kon verkondig.
Hier volg ’n paar getuienisse:
Tony Spies: Die boodskap het gegaan oor hoekom het Jesus dood gegaan aan die kruis. ‘n Seun het heeltyd grappe gemaak en mense se aandag afgetrek. Toe ek klaar was het die seun besef dat hy in sonde was. Ek het met hom gesels oor hoe om by God uit te kom. Hy het ‘n sonde besef gehad en ons kon saam met hom bid vir redding.
Marézelle Waterson: Tydens die besigheids openinge kon ons ervaar dat die mense regtig luister en hul dankbaar is dat ons met hul kom deel en verskeie besighede het gesê ons moet asb.
weer kom.

Oranje Rivier
Ons getuig graag van die Here se werking in lewens t.s.v. ons vermoë en/of pogings. ‘n Jongman in die Upington Gevangenis, wat die Regverdigmaking klasse bygewoon het, skryf: “Regverdigmaking” het met die aanbied en bywoning vir my ‘n toekoms kom skep. Ek kan sê ek is ‘n nuwe skepsel in Christus!” ‘n Laerskool Oranje-Noord dogtertjie kom een oggend na my
gehardloop en vra: “Oom, hoekom preek oom altyd met ‘n storie/speletjie vir ons?” “Wel” antwoord ek, “sodat julle die Bybel beter kan verstaan.” Sy antwoord toe “Oom, ek hou nie van kerk nie, maar ek hou van oom se preke, en verstaan dit!”

Noord-Wes
Potchefstroom Veldtog:
Ons het die wonderlike voorreg gehad om saam met Glenvar Bybelskool te kon uitreik in Potchefstroom. Gedurende die week het ons in samewerking met die Kerk van die Nasrener dienste gehou en die reeksdienste afgesluit met ’n opvoering van “Net Een Tree”, die storie van Gert du Plessis Lambrecht wat in die dodeselle die Here ontmoet het. Die opvoering was vir my die hoogtepunt van die reeks dienste. Soos die toneel homself afgespeel het, kon mens waarlik die teenwoordigheid van die Here waarneem.

Suid-Gauteng
Elsburg is ‘n hartseer stukkie aarde. Ons het soveel hartverskeurende gesprekke vandag gehad. ‘n Jong meisie wat op straat bly was in trane nadat sy besef het dat die Here se genade groot oor haar is. ‘n Ander jongman was ook in trane terwyl hy sy verhaal vir ons vertel het. Die arme man is desperaat en Jesus se liefde het naby aan hom gekom.

VIR U VOLGEHOUE VOORBIDDING:
Glenvar Bybelskool:
Diplomadiens – Saterdag, 23 Junie om 15:00. Mnr Joggie Swanepoel sal die Woord van die Here bring.
Wes-Kaap:
Vakansie Bybelskool Velddrif: 25 – 29 Junie.
Noordwes:
VBS Potchefstroom 2 – 6 Julie
Boons uitreik en dienste 16 – 21 Julie
Mooinooi 22-24 Julie
Namibië :
Windhoek Skole uitreik 9 – 20 Julie
Swakopmund uitreik 21 – 29 Julie
Walvisbaai uitreik 21 – 29 Julie
Botswana Plaasbesoek uitreik 2 – 13 Augustus
Botswanna Kinderkamp 3 – 5 Augustus
Noord-Kaap :
VBS Kimberley 25 – 29 Junie
VBS Orania 2 – 6 Julie

Newer posts »