Afrika Evangeliese Bond

"Maar soek eers die koninkryk van God"

1924-2024

Daar is aanbidding en dankbaarheid teenoor die Here vir Sy goedheid, getrouheid en liefde, nie net vir hierdie Sending wat Hy in die lewe geroep het nie, maar ook in stand gehou het die afgelope 100 jaar. Menige siele sal kan getuig hoe die Here hulle kosbare siele gered het deur die getuienis en prediking van die boodskap van volle verlossing. (Rom. 10:13-15)

Woorde ontbreek om te vertel van al die wonders wat die Here gedoen het, en ons kan net saam met Moses van ouds sê: “Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef. Die HERE is ‘n krygsman; HERE is sy naam.”

Die begin van hierdie Sending was in God se hart en planne lank voor 1924 toe hy drie susters, Helena, Emma en May Garratt, in Ierland begin voorberei het vir die taak om ‘n sending in SA te begin sodat die boodskap van volle verlossing na die mense van hierdie land gebring kon word.

 Gaan kyk ook gerus na die inspirerende video wat saamgestel is om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te herdenk.
https://www.youtube.com/watch?v=FfAPSwRAscU&t=5s

Om die 100 jaar van genade te vier, toer die AEB sanggroep deur Suid Afrika en Namibië met optredes by skole, ouetehuise, kerke, besighede en enige opening wat die Here op hulle pad bring. Hulle het afgeskop in die Wes-Kaap distrik en het o.a. openinge by NG Kerke Strand en Tafelberg, EG Kerk Tygerberg, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Jan van Riebeeck,  Ametis Ouetehuis asook ‘n Dames tee.

Hulle kon ook sang opnames maak by Bloubergstrand en die Taalmonument in Paarl.

Daarna het hulle na Namibië gereis waar hulle begin het in Noordoewer se NG Kerk en ook by die skool. In Windhoek, Keetmanshoop, Mariental, Stampriet, Okahandja, Outjo, Otjiwarongo, Grootfontein, Tsumeb, Walvisbaai en Swakopmund het hulle die voorreg gehad om in NG Kerke, skole en ouetehuis die boodskap van volle verlossing te bring.

Terugvoer vanuit die veld

Sang span
Die Here is besig om te werk, maar ons wag op Hom vir nog meer. “Expect great things from God, Attempt great things for God.” Ons wil baie dankie sê vir die voortdurende gebed vir ons as span. Die vyand wil net nie opgee nie, maar ons ervaar ‘n baie sterker oorwinnende week as die vorige een rakende stryde.

Ons het waarlik baie kosbare en Gods teenwoordige tye beleef. Die jeug toneel wat Manfred vir ons baie bekwaam geskryf het, raak baie jongmense se lewens aan. By Otjiwarongo se Staats Hoërskool het daar bietjie kort van 100 kinders reageer…die meerderheid vir redding.

Convention Speaker
I continue to be challenged and blessed by people who contact me for prayer and God’s intervention in their lives. What really touched me this week was one young man contacting me for special prayer requests as he was heading to the church prayer. He said: “I always ask the group to uphold you in prayer.” I certainly need it on all fronts as people in contact experiencing among other things depression, seeking to break through into full assurance and of salvation and freedom in Christ, seeking God to help them as parents. People have sat at my table and just poured out their sorrow and concerns, and I could but send a prayer up to Heaven for wisdom in what to say. I continue to have a lot of contact via emails and WhatsApp.

Roy and Jerusala and the children are all traveling to Wisconsin in a week, to minister there and would greatly appreciate prayer for a safe journey with all the storms at this time. They always have a very full time of ministry there as the weeks are packed with meetings, Roy being called upon to preach, and Jerusala’s days includes many visits, counseling, and prayer with other mothers with young children. May we in all things glorify the Master.

Oos-Kaap
Vanaand het ‘n man ’n hele boks Engelse “Way to God” traktaatjies kom oplaai. Vier jaar gelede (nog in Germiston) het hy ‘n boks vol by ons gekry. Met elke een van die 700 boekies in daardie boks het hy ‘n persoonlike gesprek met iemand gehad en ‘n boekie vir die persoon gegee. Hy het ‘n voltydse werk, maar elke Saterdag gaan hy uit en deel die Evangelie op straat. Dit het my so bemoedig. Bid asseblief vir die traktaatjies wat oor die land versprei word.

Bid asseblief ook vir die volgende:

  • Ek en Suné het weekliks klas by MES en Vistarus.
  • Lig vir Lewe Bybel korrespondensie kursus wat ek aanbied.
  • Klas wat ek gee vir die AEB Bybel Kollege.
  • 28 Febr. – 3 Mrt. – Mosselbaai uitreik.
  • 29ste Febr. – Wêreld biddag by die NG Kerk Danabaai. (Jan Harm & Suné)
  • NMU straatwerk uitreik.
  • 11 – 15 Mrt. – Prins Albert uitreik

Sang groep Program – Oranje Rivier

  • 22 – 29 Februarie
  • 23 – 25 Feb. – EG Kerk Upington
  • 24 Feb. – Musiek video – Augrabies
  • 25 Feb. – NG Kerk Blydeville (9:00)
  • 26 Feb. – Kathu – Deben Kleuter/Laer/Hoërskole
  • Evangelisasie by Mosaic
  • 27 Feb. – Kathu skole uitreike
  • 28 Feb. – Kathu en Olifantshoek
  • 29 Feb. – Oranjehof, Upington

Jeugkampe

  • 21 – 24 Maart 2024 – Samekoms – Spreker:  Mnr Ian Waterson
  • 25 – 28 Maart 2024 – Hebron

Paaskonferensies – 28 – 31 Maart 2024

  • Samekoms, Middelburg – Mnr & Mev Daniël Marais
  • Potchefstroom EG Kerk – Ds. Ferdi Bekker en Mnr. Joggie Swanepoel
  • Hebron, Port Elizabeth –Ds. Dirk Lourens
  • Emmanuel, Namibië, Gobabis distrik – Mnr & Mev Albert Bartsch
  • Mispa, Winburg – Mnr Japie Bornman
  • Karoo Paasdagkonferensie (29 Maart) – Mnr Ian Waterson

Volg getrou!

“…moeg, en besig om te agtervolg” (Rigters viii. 4)

Liewe Gebedsvriende

Ons eer die Here vir ‘n wonderlik geseënde eerste kwartaal van 2023. Ons staan in aanbidding oor die wyse waarop die Here deure oopmaak in elke distrik, en Hy elkeen van Sy diensknegte gebruik om mense te bereik met die Evangelie. Dankie vir u volgehoue gebede vir die werkers asook vir siele vir Sy koninkryk!

Dit is wonderlik om te leer om van God afhanklik te wees en te ervaar hoe Hy deur ons onvermoë werk. Terwyl ons van Hom afhanklik is, moet ons getrou en ywerig nie toelaat dat ons vertroue in traagheid verval nie. Ons vind geen luiheid of nalatigheid in Gideon, of sy driehonderd nie. Alhoewel hulle swak en min was, was hulle opreg, en gereed sodat God hulle tot op die laaste kon gebruik. “…besig om te agtervolg” was hul slagspreuk terwyl hulle hul glorieryke oorwinning voltooi het. Hulle het nie gerus totdat die laaste van hul vyande vernietig is nie, en selfs hul valse vriende is gestraf vir hul verraad en ontrou. God roep steeds die swakste instrumente, maar wanneer Hy ons kies en in staat stel, is ons nie meer swak nie, maar “magtig deur God”, en getrou deur Sy genade. Mag die Here ons getrou bevind en altyd besig om Hom te volg. – Frans & Erica Gericke

Huldeblyk: Pieter Ernst Scholtz 01/07/1926 – 22/03/2023

Oom Pieter Scholtz, of Meneer Scholtz soos baie hom genoem het, is op 1 Julie 1926 gebore. Psalm 80:18 som sy lewe mooi op: “Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.” Almal wat met hom in aanraking gekom het, het geweet dat die Here se hand oor oom Pieter was en dat Hy hom vir Homself grootgemaak het. In 1940 red die Here sy siel tydens ‘n herlewing in die Vryburg distrik nadat twee dame pelgrims van die AEB daar uitgereik het. Dit alles lei daartoe dat hy in die laat 1940’s na Glenvar Bybel skool gaan om daar as pelgrim vir die AEB opgelei te word.

Reg van die begin af was dit duidelik dat hy ‘n sielewenner by uitstek was. Omdat sy siel tydens ‘n herlewing gered is het die vuur van herlewing tot die dag van sy dood hoog in sy hart bly brand! Dit was een van die redes hoekom hy so ‘n merkwaardige man van God was. Elke geestelike gesprek wat hy gevoer het, elke boodskap wat hy by konferensies of dienste gebring het en elke lesing wat hy by Glenvar gegee het, het absoluut daarvan getuig.

Deur die dekades heen, veral met die morele en geestelike verval van die vorige eeu wat veral sedert die laat 1960’s begin momentum kry het, was oom Pieter vir diegene wat God waarlik gesoek het soos ‘n helder vuurtoring wat al hoe meer helder geskyn het. Hoe swarter die nag geword en hoe meer die goddeloosheid met die jare toegeneem het hoe helderder het sy lig vir die Here geskyn. Sy onwrikbare geloof in God en sy liefde vir Sy Woord het weer hoop, standvastigheid en geloof in mense se harte gewerk wat hom tot op die einde in die 2023 besoek het. Die ewigheid sal eendag openbaar hoeveel siele hy die afgelope 80 jaar na die Here gelei het!

Op 22 Maart 2023 het die Here sy getroue dienskneg kom haal. Sy verlange na die Here Jesus asook na tannie Annemarie, wat ‘n paar maande vantevore op 16 Oktober 2022 oorlede is, was die laaste tyd baie duidelik. ‘n Mens kon agterkom dat die Here sy kind gereed maak en afrond om hom te kom haal. Hy laat ‘n kosbare erfenis na. Soveel kan getuig daarvan dat oom Pieter hulle na die Here toe gelei het of weer teruggelei het op die regte pad of bloot net aangemoedig en bemoedig het om te bly volhard en moedig voort te stry tot op die punt van oorwinning. Dan is daar ook sy kuddetjie wat hy die laaste paar jaar by Ametis hier in die Strand versamel en versorg het. Hulle gaan getrou voort met die aandgodsdiens wat hy daar begin en uitgebrei het. Wat ‘n heerlike voorreg was dit nie om vir ‘n rukkie ‘n tydgenoot van hom te kon wees nie! Ons eer die nagedagtenis van hierdie Godsman! Mnr. Hercu Wentzel

Gebedsversoeke

Mei

24 April – 5 Mei – Besoek Kimberley

17 April – 9 Mei – Kus Uitreik – Namibië

2 Mei – Hankey – Oos-Kaap

5 Mei – Jeugaand Port Elizabeth

6 & 20 Mei – Speletjie aande vir jeug – Glenvar

6 – 14 Mei – Queenstown – Oos-Kaap

7 Mei – Kuilsrivier diens, Wes-Kaap

7 Mei – Kimberley diens – Ds. Clarence le Roux

8-12 Mei – Welkom uitreik

9 – 12 Mei – Plaasbesoeke Postmasburg

14 & 28 Mei – EG Kerk Ventersdorp – Glenvar

14 Mei – EG Hartbeespoort Erediens – T Ridgard

14 Mei – Strand diens

14 – 26 Mei – Tsumeb & Grootfontein Uitreik

15 Mei – Nigel skool opening

16 Mei – Senekal jeugaand

17 Mei – Reitz jeugaand

18 Mei – EG Pta.-Tuine Hemelvaartdiens – T Ridgard

18 -27 Mei – Aberdeen & Graaff Reinet

22-26 Mei – Welkom uitreik (vervolg)

23 – 26 Mei – Besoek Hopetown

24 Mei – EG Gemeente Pta.-Oos “Silwer Jeug”

27 Mei – Hopetown Manne-Ontbyt – Ds. Johan Bothma

Junie

1 – 14 Junie – AEB CD opnames vir eeufeesviering

4 Junie – EG kerk Ventersdorp

5 – 8 Junie – BKO Jeugaand & VBS reëlings Orania

12 – 16 June – North Woods Conference, Michigan – Roy & Jenny Daniel

13-14 Junie – Raadsvergaderings

14 – 18 Junie – Gebedskonferensie te Hebron

Vakansie Bybelskool:

26 – 30 Junie

-Kimberley (Noord-Kaap)

-Uitenhage (Oos-Kaap)

-Upington (Oranje-Rivier)

3 – 7 Julie

-Orania (Noord-Kaap)

-Boksburg (Suid-Gauteng)

-Odendaalsrus (Vrystaat)

-Kakamas (Oranje-Rivier)

10 – 15 Julie

-Welkom (Vrystaat)

-Hartbeespoort (Suid-Gauteng)

-Middelburg (Noord-Gauteng)

-Potchefstroom (Noordwes)

Julie

5-8 Julie – Namibië jeugkamp Emmanuel

11 – 27 Julie – Upington uitreik

24 Julie – 2 Augustus Reitz uitreik

19-21 Julie – Verootmoediging dienste – Glenvar

30 Julie – 3 Aug. – Kimberley uitreik

4 – 6 Aug. – L/s Dalview Gr 4-7 Kamp

9 – 20 August – Girls Camp Wisconsin – Jenny Daniel

21 – 26 August – Boys Camp Wisconsin – Roy Daniel

Straatwerk uitreike in Stellenbosch – Wes-Kaap

Noord-Kaap

DBKO Jeugweek, Orania: Van reg oor ons land, is daar studente by die Bo-Karoo opleidingsentrums in Orania. Die Here het dit so uitgewerk dat ons hierdie jaar deel kon vorm van hul oriënterings wéék, waartydens die evangelie kon deel. Daar is soveel seer en stukkend onder die jongmense. Wat ‘n wonderlike voorreg om Jesus wat hulle weer kan heel maak, aan hulle te verkondig. Een meisie het met berou met die Here reggemaak daar waar sy gesondig het. ‘n Ander jong seun het ‘n soeke na die Here getoon.

Hopetown Manne-Ontbyt: Ons was so 20 manne bymekaar. Een man het na die tyd ‘n Whatsapp gestuur om te getuig dat hy ‘n ontmoeting met die Here gehad het. Ons eer die Here en vertrou Hom vir ‘n groot werk onder die manne. Paasnaweek Dag konferensie: Op ‘n plaas tussen Williston en Calvinia het klompie boere en hul gesinne bymekaar gekom vir ‘n Paasnaweek Dag konferensie was ons 35 altesaam. Wat ‘n wonderlike voorreg om aan hierdie boere Jesus en Hom as gekruisigde te verkondig. Ons vertrou die Here vir groot dinge!

Glenvar

Ons het kosbare tye van gebed gehad waar Mnr. en Mev. Bartsch vir ons die Woord gebring het. Dit is kosbaar om te sien hoe elke student die Here soek! Met die kwartaal program wat weer begin het, is ons volstoom aan die gang met klasse en uitreikings. Die uitreik wat laas week uitgestaan het was ons geleentheid by Hebron, ‘n hawe vir diegene wat hulle werk en huise verloor het. Na die diens was daar ‘n groot groep van siele wat reageer het op die Woord en die studente getuig met oorgawe van wat die Here besig is om daar te doen.

By Pick ‘n Pay het hulle ons nou meer geleentheid gegee, van 5 min na 20 min. Die een dame daar getuig “die boodskappe voed my geestelik”! By die aftreeoord getuig een tannie: “Ek mis die diens vir niks in die wêreld nie.”

Weeklikse uitreike Glenvar

Woensdae – Pick ‘n Pay

Donderdae-Hoërskool Volkies, Hebron huis

Vrydae – Kapel diens en Straatwerk

Sondae – Aftreeoord diens

Noord Gauteng

Vrouekamp: leef al lankal in Annelize se hart, en na baie gebed het sy die geloofsprong geneem deur die Here se instaatstelling. Die Woord van die Here kon met sowat 40 vroutjies gedeel word. Die Here se Woord het die teikens in harte getref en almal het getuig van wat dit vir hulle beteken het. Aan God al die eer.

Jeugkamp: Dit was ‘n wonderlike Jeugkamp en ons eer die Here vir Sy teenwoordigheid en hoe Hy gewerk het. Baie siele het uitgekom vir redding, geestelike behoeftes en een roeping. Ons eer die Here vir 35 pragtige jongmense wat opgedaag het. Ek het die voorreg gehad om die twee Bybelstudies te behartig.

Ek het die voorreg gehad om 11-19 Feb. ’23 vir Albert & Joreth in Piet Retief te gaan help met hulle uitreik daar. Ek dank die Here vir hulle arbeid en ywer, en elke geleentheid om die Woord te bring. Die 4 jeugaande in die Hoërskool saal was deur gemiddeld 75 kinders bygewoon! Ek kon die boodskap by een van die aande bring en Albert die res. Ons het elk twee openinge by die pragtige Wittenberg Schule waargeneem, en die derde oggend ‘n opvoering vir hulle gedoen; en ek kon ook by Laerskool Piet Retief, Huis Immergroen en die PPK Gemeente preek. Mag die Here ons jong kollegas seën en daardie deure vir hulle, vir die Evangelie, oop hou!

Paasnaweek: Die Here het ons besoek; en ons harte is teer tog vol. Daar was waarlik ‘n gebedslas, en sonder veel aanmoediging het baie van ons na die dienste die Here in stilte gesoek. Ons eer die Here vir Sy Woord wat na ons gekom het deur Ds. Jannie van der Hoven en ander sprekers.

Dorette Müller was 11-22 Apr. in Groblersdal. Sy behartig weekliks ‘n Sondagskool klas by haar gemeente (EG Rietfontein); doen waar moontlik straatwerk Vrydagaande in Hatfield o.l.v. Hannes Marais; is weekliks betrokke by haar gemeente se hospitaalbesoek-uitreik by Steve Biko Hospitaal; en doen getrou besoek werk oral in die hoofstad. Bid asb. vir haar.

Suid Gauteng

‘n Hoogtepunt was seker die getuienisse van die jongmense na die Samekoms jeugkamp. Een jong seun het met trane getuig hoe die Here hom kom red het. ‘n Ander jong seun van die Vrystaat het met vreugde getuig hoe die Here hom kom roep het tot voltydse diens. Soveel seer is aan Jesus se voete neergelê! Ons eer die Here dat ons dit kon beleef! Bid asseblief vir saad wat geplant is dat dit bewaar sal word en veel vrug sal dra!

Wes Kaap

Die Here het ons grootliks tydens die Paaskonferensie daar op Amana kom bemoedig. Aanvanklik het die uitdaging om sonder pelgrims en sonder iemand wat kan kook in die kombuis, terwyl Cobie moet preek ook, baie groot gelyk. Hoe nader ons egter aan die konferensie gekom het hoe meer het ons God se krag en instaatstelling ondervind. Wat uitstaande van die konferensie was, was ‘n sagte gees van gebrokenheid wat deurentyd onder die konferensiegangers geheers het. Dit het die harte sag gehou en God het wonderlike ewigheid werk in baie harte gedoen. Die gemeenskap in Christus was vir vele wat iewers ‘n alleen stryd voer ‘n ongekende en heilsame belewenis. Aan God al die eer vir ‘n wonderlike naweek wat ons waarlik kom stig het. Ons eer Hom vir die werking van die Heilige Gees wat die Kruisiging en Opstanding van Christus weer duidelik, mooi en lewend in ons harte kom maak het.

Natal

‘Ons is elke Vrydag betrokke by die jeug by die kerk waar ons help met die teksvers , speletjies en die boodskap. Ek bring een tot twee keer ʼn maand ʼn boodskap by ʼn ouetehuis in Scottburgh. En een keer ‘n maand het ons ʼn biduur in Hillcrest in Durban.

Oranje Rivier

Ons kon ‘n toer te doen by die volgende plekke: Aggeneys, Springbok, Port Nolloth en Koingnaas. Ons kon die woord van die Here by verskeie geleenthede deel en kon ook reël vir ‘n later uitreik in Springbok. Sommige mense het die evangelie reguit verwerp terwyl ander mense diep getref was deur die evangelie.Ons bid dat die Here die saad sal laat groei.

Convention Speaker

It is just a month before I leave for the annual visits and opportunities in the USA. Involuntarily, I looked back over the past weeks. Firstly, grateful that God continues to take me forward, step by step, while I marvelled at the workings of God in lives. People have testified to new resolutions, strength, and courage each in their unique situations some facing huge challenges. I have been further encouraged, hearing that messages were passed on and shared. All this has been due to fervent prayer. As never before, prayer is our greatest need. While people pray, God works!

I was delighted to lecture and share at the Glenvar Bible College in Potchefstroom. There will be further lectures on the 5th, 19th and 26th, hopefully in person for the last two, but otherwise via Skype. On the other side of the Atlantic, Roy is continually busy with counselling visitation and meetings. The Florida Tent Meetings (12 – 19 March) and Rhinelander Bible Conference (23 – 26 March) were times of deep blessing.

Namibië

Ons werk al lank by Berg-Op en dit was ‘n voorreg om hierdie jaar hulle Gr 8 Kamp te kon waarneem. Meeste van die kinders ken ons en dus was dit lekker om so met hulle ‘n hele naweek te kon tyd spandeer. Windhoek: Dit was regtig baie geseënd, want ons het met ‘n nuwe benadering gekom om by die kinders op ‘n meer persoonlike wyse uit te kom. Dit het beteken dat ons langer by sommige plekke was as normaal en ons het ook Bybelstudie pouses by sommige skole aangebied om meer tyd met hulle te spandeer. Ons het o.a. by skole soos WHS, WAP, Delta Laerskool, Academia, Windhoek Gimnasium, Dagbreek en HTS gewerk in hierdie tyd. Die ontvangs was oral baie goed en ons is veral dankbaar vir Delta en Academia, want dit is die eerste keer dat ons regtig daar kon inkom. Ons het veral ook baie tyd spandeer by WAP se koshuis. Mens kon sien watter verskil dit maak om op so ‘n konstante basis by hulle betrokke te wees. Paaskonferensie: Dit was ‘n baie goeie en geseënde naweek. Die groep mense wat daar was, was waarlik daar om die Here te soek. Ons eer Hom!

Oos Kaap

Haarlem: By die kliniek kon ons vir al die pasiënte en van die personeel ʼn diens hou en die saaltjie was vol. Die een suster het na die tyd gevra dat ons haar kom sien en het gevra dat ons hulle skool ook sal gaan besoek. Ons jongmense het dit so nodig het sy dringend gesê. ‘n Paar dae na ons uit Uniondale vertrek het ontvang ons ʼn boodskap van ʼn jongman wat saam sy familie daar op die plaas was. Hy het vertel hoe dit hom diep geraak het en hoe hy besef het dat hy so vol sonde is. Hy kon die blydskap waarmee ons die Here dien sien en dit het ʼn groot indruk op hom gemaak. “Al wat ek vra” het hy gesê “bid asseblief vir my, ek is so vol sonde..”

Jeugkamp: Daar was 2 meisies wat baie moeilikheid gemaak het, maar die Here het so in hul gewerk en een het gebid vir redding en later het die ander meisie getuig dat die Here vêr was, maar dat Hy nou naby haar is.

Paaskonferensie: Dit is ‘n heilige herinnering. Die werk wat God in ons midde kom doen het, in ons harte en lewens. Woorde kan dit nie beskryf nie. Heilige oomblikke, gesalfde boodskappe, wonderlike getuienis van redding en die samesyn as ons in die aande saam kon sing.

Karatara – Ons kon straatwerk doen, traktaatjies uitdeel, gesprekke met mense oor hul saak met die Here en ook huisbesoeke.Ons dank die Here vir ‘n groot oop deur!

Vrystaat

Bothaville Konferensie: Daar was so ‘n gemiddeld van 15 mense in elke diens. ‘n Paar mense het getuig dat die boodskappe vir hulle baie beteken het. Ons eer die Here daarvoor. Tog verlang ons dat meer siele sal opkom om die Woord te hoor. Ons is ook dankbaar vir Dorothea sending wat dienste vir die plaaswerkers gehou het. Hulle doen ook baie moeite om by die plaaswerkers se huisies te gaan besoek en die vrouens en kinders met die Woord te bedien. Die werk in Wesselsbron was moeilik en ons het die vyand se teëstand ervaar. Tog weet ons… Die ewige saad van God se Woord is gesaai. Die enigste kind wat met ons gesels het by die skool het gesê dat ons haar lewe beskryf het in ons preke, sy het besef sy is verlore, maar sy kon God nie vertrou om haar te kom verander nie.

Laastens het Dorothea Sending se predikante ook saam met ons dienste vir die plaaswerkers gehou. Daar was ‘n baie positiewe reaksie en een plaaswerker het definitief met geestelike behoefte na die Dorothea werkers uitgereik. Ek gaan binnekort ‘n reeks Bybelstudies vir die man afgee.

Jeugkamp: Ons het aanvanklik ‘n ‘toeheid’ by die kinders ervaar en regtig gebid. Woensdag middag, na ‘n bespreking oor egskeiding het ‘n hele paar kinders reageer. Een seun het met trane al die seer wat hy in sy ouerhuis beleef het oor die afgelope 18 jaar na die kruis van die Here bring. Ek glo God is besig met ‘n genesing proses. By die laaste diens het 14 kinders gereageer en hul lewe aan die Here toegewy. Dit is baie kosbaar om te sien hoe kinders wat al jare kampe toe kom, waarlik in die Here groei.

Paaskonferensie: Na Saterdag oggend se eerste diens het 8 mense gereageer op ‘n kragtige bekerings boodskap. By die 11uur diens het die +-30 mense, hulleself volkome (vir die eerste maal of opnuut) aan die Here gewy. Hul lewe, tyd, besittings, geld, mond, hande – ja hulle ALLES aan Hom gegee. Mag Hy elkeen gebruik in Sy koninkryk soos Hy wil. Dan was dit ook baie spesiaal om klomp getuienisse te hoor van mense wat op MISPA tot bekering gekom het of geroep is om vir die Here te werk. Ons gee aan God al die eer vir wat Hy oor 50 jaar op Mispa gedoen het. Mag Sy werk op Mispa aangaan.

Odendaalsrus: Odensia Laerskool – Daar was ‘n hele klomp kinders wat reageer het vir verskeie behoeftes o.a. redding. Ek het Vrydag tot 12:00 by die skool gebly om saam met kinders te bid. Daar was ook ‘n dogtertjie wat uit haar eie inisiatief vir haarself ‘n Woordelose boekie gemaak het en vir my kom wys het. Sy huil en deel haar geestelike behoefte met my en ek kon saam haar bid.

God se voorsiening

Liewe Gebedsvriende

Ons bid u ‘n baie Geseënde 2023 toe, vol van die Here se genade, vrede en liefde.  In ‘n veranderende wêreld, is dit so maklik om beangs te raak en verward rond te kyk.  Terwyl ons die groot waarheid miskyk dat die Here in beheer is.  Die Here word nooit onkant betrap nie, want Hy is God!  Die Here vra van ons in  Miga 6:8 “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?”

“Maar toe die kinders van Israel die Here aanroep, het die Here ‘n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël … En die Gees van die Here het op hom gekom” Rigters 3:9-10

God is besig om Sy helde voor te berei; en as die regte geleentheid ontstaan, kan Hy hulle in een oomblik in die regte plek laat inpas, sodat die wêreld verbaas sal staan daaroor.

Laat die Heilige Gees jou voorberei vir die dissipline van die lewe; en as die laaste afrondings werk aan die marmer aangebring is, sal God dit gemaklik op Sy voetstuk plaas, en dit in sy bestemde hoekie laat inpas.

Ons moet die Here toelaat om ons voor te berei in die beproewings van die teenwoordige, en in die klein oorwinnings waarvan ons die waarde selfs in ons drome nie kan skat nie, soos Hy vir Otniël van Kirjat-Sefer voorberei het. Laat ons ten minste hiervan seker maak, en as die Heilige Gees met ‘n Otniël gereed is, dan sal die Here van hemel en aarde ook ‘n troon vir hom in gereedheid gebring het. A.B. Simpson

Nuwe aanstellings

Baie geluk aan die  volgende werkers met hul aanstelling in nuwe poste vanaf 1 Januarie 2023. Ons glo met ons hele hart dat  dit die Here se keuse was vir ‘n tyd soos nou. Ons wil u vra om gereeld hulle hande omhoog te hou in gebed, terwyl daar ‘n groot verantwoordelikheid op hulle rus.

Glenvar – Mnr. & Mev. Joggie & Alta Swanepoel (Prinsipaal) Glenvar Bybel kollege skuif tydelik na Potchefstroom vir ten minste 2023.

Die Pelgrim tydskrif – Mnr. & Mev Taylor & Annelize Ridgard

Bybel korrespondensie Kursusse – Mnr. & Mev Jan Harm & Suné Labuscagne

Rozelle Bruce – sekretaresse vir beide Glenvar en Die Pelgrim tydskrif

Mnr. & Mev. Heinrich & Anél van der Berg – voogouers by Glenvar

Frans & Erica Gericke

Gebedsversoeke

Januarie

23 – 27 Jan – Bothaville reeks dienste

27 – 29 Jan – Belfast jeugaand

27 Jan – 4 Febr. – Uniondale dienste

30 Jan – Judah Auto – Pretoria

Februarie

30 Jan – 10 Febr. – Bothaville plase en kinderwerk saam met Dorothea sending

1 & 8 Febr. – Pretoria-Oos Aftreeoord

1 – 10 Febr. – Besoek Kimberley

6 Febr. – Tuisbly Akademie, Pretoria

11-19 Febr. – Piet Retief Jeugweek

12 Febr. – Diens Kimberley

13 – 17 Febr.  – Glenvar gebed week.

5-12 Febr. – Mosselbaai

17 Febr. – Soutpan Rehab diens

17 – 18 Febr. – Bothaville konferensie – Spreker: Ian Waterson

20 – 24 Febr. – Wesselsbron Hoërskool Jeugweek

26 – 28 Febr. – Wesselsbron plase dienste

27 Febr. – MVA Stene – Pretoria

24 Febr. – Tuisbly Akademie, Pretoria

25 Febr. – 4 Maart – Burgersdorp

Maart

1 Maart – Pretoria-Oos Aftreeoord

1 – 4 Maart– Hopetown & Manne-Ontbyt.

5 – 8 Maart – Aliwal-Noord

1 -10 Maart – Wesselsbron (saam met Dorothea sending)

9 – 19 Maart – Hartebeespoort uitreik

11 Maart – Manne Ontbyt Winburg

13 – 20 Maart – Prins Albert

20 – 30 Maart – Winburg besoeke

24 – 26 Maart – Vrouekamp, Samekoms

27 – 30 Maart – Jeugkamp, Samekoms

April

2 – 5 April – Jeugkamp Hebron, PE

3 – 6 April – Plaasbesoeke Karoo.

Paaskonferensies –  6 – 9 April

Samekoms, Middelburg

Mispa, Vrystaat

Hebron, Port Elizabeth

Amana, Onrusrivier

Emmanuel, Namibië

Nuus uit die veld:

Namibië

Ons was die laaste tyd so geseënd met elke geleentheid wat die Here vir ons gegee het van opvolgwerk in Windhoek tot ‘n uitreik in die Noorde, was Hy altyd getrou met Sy werk. Ons het die naweek van 7 Okt. ‘n baie geseënde Kerkkamp vir Tsumeb se NG Gemeente gehad op ‘n plaas net buite die dorp en liewe vriende dit was ‘n ongelooflike tyd waar die jong mense weer met hulle Heer kon ontmoet en hoor wat dit beteken om ‘n Christen te wees! Net daarna het ons in Tsumeb & Grootfontein gewerk en weer die naweek van die 14de Okt. saam die AXIS Tuisonderrig gaan kamp op Rock Lodge.

Vrystaat

Getuienisse van persone wat die Here gevind het:

  • In 2022 het die A.E.B. by die enigste skool in die dorp uitgereik. Hulle het met ons kinders begin werk en sodoende na my vrou deurgedring en haar ook begin bearbei. Die AEB werkers my ook gevra of ek al tot bekering gekom het, maar my antwoord was: “Weet jy ek is nie nou reg daarvoor nie.” Op ‘n punt gedurende die jaar, nadat die sonde ‘n hewige tol op my huwelik geëis het, kon ek nie meer nie. Ek het een van die A.E.B. werkers gebel, hulle het na my huis toe gekom, my die Evangelie verduidelik. Daar in my sitkamer het ek my sondes bely en my hart vir die Here gegee – en Hy het my vergewe, Hy het my lewe nuut gemaak.
  • Toe in 2021 het ek ernstige COVID gekry, ek was baie siek. Ek het toe tot die Here gebid dat as Hy my sou laat leef, was dit Sy wil dat ek iets vir Hom nog iets moes gaan doen. Dit was eers ‘n ruk daarna by ‘n A.E.B. jeugkamp in April 2022 waar ek waarlik tot bekering. Ook tydens daardie kamp het ek besef dat God wou hê dat ek Sy wonderbare genade, wat hy aan sondaars soos ek betoon het, moet gaan verkondig. “Hy het Sy enigste seun gestuur sodat die wie in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” Joh. 3:16

Oos-Kaap

Vanaand by die rehabilitasie sentrum het die Here waarlik kom werk. ‘n Vriend van my het gepraat en 4 mans het uitgekom vir redding. My vriend het saam met 3 gebid en ek het saam met 1 gebid. Ek glo die een waarmee ek saam gebid het waarlik die Here aangeneem.  Sy naam is Ryan. My vriend sê dat Gary ook waarlik die Here vertrou het vir redding. Prys die Here. Bid vir hierdie twee kosbare siele wat, ons glo, by die Here uitgekom het. Die afgelope week het ons bykans elke dag ope lugdienste in Sentraal PE gehou. Ons het baie traktaatjies uitgedeel. Ek kry vandag die volgende whatsapp: “A wonderfully blessed Mrng Pastor….I picked up a flyer in town (Port Elizabeth) I was so blessed with the message I read about forgiveness……I really struggle with forgiveness in fact I may forgive but I don’t forget.” Is dit nie wonderlik dat die Here selfs ‘n weggegooide traktaatjie gebruik!e!

Convention Speaker

January has been filled with visiting friends with the bonus of seeing family in different places. Time and again I have become aware that God orchestrated things and Divine appointments emerged out of ordinary situations. A visit from a broken mother who had lost her 14-year-old son days ago, among others.I believe when we get to Heaven, we will be amazed to realize how God engineered things. I have been blessed to see the changes that have come into lives. Among many reports back, it has been wonderful to hear of reconciliation between a mother and her son, marriages etc.

I was so blessed recently when a young lady contacted me from Texas, saying she had been burdened for me in the middle of the night and called out for God to protect and bless. She then said that their church had an audio of Keith’s message “Satan hates a whisperer” which had been a challenge and blessing to all. God’s work is not bound by geographical limitations or time. “He being dead yet speaketh” and “God’s Word will not return unto Him void”.

Noord-Kaap

Orania uitreik: Maandagaand het ʼn meisie gereageer op die uitnodiging. Sy het sonde toegelaat in haar lewe en was baie skaam en jammer daaroor en sy wou reg maak met die Here. Sy was egter bang dat die Here haar oorgegee het aan haar begeertes. Kon met haar deel, die feit dat sy skaam en jammer is oor dit wat sy gedoen het en wil reg maak is ʼn teken dat die Here haar nie oorgegee nie. Kon vir haar help en glo sy het daardie aand reggemaak met die Here. Loof en prys die Here!  Dinsdag het ek ʼn afspraak met ʼn jong seun gehad. Kom uit baie tragiese, hartseer omstandighede. Sy behoefte was om met die Here reg te maak, maar weet nie hoe nie en ek kon die weg van saligheid aan hom verduidelik. Bid vir die werking van die Heilige Gees in sy lewe, dat die Here vir hom ʼn groot werk sal kom doen!

CONVENTION SPEAKER

January had been filled with visiting friends with the bonus of seeing family in different places. Time and again I have become aware that God orchestrated things and Divine appointments emerged out of ordinary situations. A visit from a broken-hearted mother who had lost her 14-year-old son days ago, among others. I believe when we get to Heaven, we will be amazed to realize how God engineered things. I have been blessed to see the changes that have come into lives. Among many reports back, it has been wonderful to hear of reconciliation between a mother and her son, marriages etc

I was so blessed recently when a young lady contacted me from Texas, saying she had been burdened for me in the middle of the night and called out to God to bless and protect. She then said that her church had an audio of Keith’s message “Satan hates a whisperer’ which had been a challenge and blessing to all. God’s work is not bound by geographical limitations or time. “He being dead yet speaketh” and “God’s Word will not return unto Him void”.

DIE STORMS VAN DIE LEWE STILGEMAAK!

Liewe Gebedsvriende

Ons dank die Here vir die wonderlike voorreg om amper weer normaal te kan funksioneer.  Die werkers in die distrikte kan weer voortgaan met werksaamhede, deur jeugkampe, uitreike en Paaskonferensies te hou. Dit laat ons dink aan die gedeelte in Psalm 107 waar die Here die storms kom stilmaak het.

Hierdie Psalm bevat vyf wonderlike beelde uit die lewe. 

  • Eers sien ons die reisigers wat verdwaal het (v 4-9);
  • dan gevangenes wat in die donker sit (v 10-16);
  •  vervolgens ‘n siekekamer (v 17-22);
  • ‘n geweldige storm op see (v 23-32);
  • en uiteindelik die woestyn wat omskep word in ‘n vrugbare land (v 33-38). 

Ons lees vier keer in die Psalm “Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.”

  • Uit die woestyn het hy die reisigers op ‘n regte pad gelei na ‘n stad om in te woon. (v 7)
  • Die gevangenes se bande is verbreek (v 14)
  • Die siekes het Hy sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red (v20)
  • Vir dié wat in die storm was het hy die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. 

Al hierdie wonderwerke en uitkoms van die Here het eers gebeur nadat hulle in al die gevalle “die Here aangeroep het in hul benoudheid..”

Die geloof baan egter ‘n weg deur die sluiers van die mis en die siedende wolke en soek om in aanraking te kom met die troon van die ewige Vader.  Dit is vir ons ‘n anker.  Hoe kwaai ook al die storm wat woed, die siel wat daar skuiling soek, sal veilig wees.                                                    

Frans & Erica Gericke


Gebedsversoeke:

  • 11-13 Maart – Katkisasie kamp Eden
  • 12-18 Maart – Potgietersrus uitreik
  • 14-18 Maart – Hankey toer
  • 18-20 Maart – Axis Kamp -Namibië
  • 21-24 Maart – Samekoms Jeugkamp
  • 21-25 Maart -Jeugweek Orania
  • 24 Maart – 3 April – Namibië suide uitreik
  • 28 Maart – 1 April – Upington VBS
  • 28-31 Maart – Mispa Jeugkamp
  • 4-9 April – Prins Albert uitreik
  • 5-10 April – Pretoria Tuine uitreik
  • 7-11 Maart – Uitreik – Sidwell
  • 7-24 Maart – Toer  Oos-Kaap
  • 14-17 April – Paaskonferensie
  • 1 Mei – Diens –  Kuilsrivier
  • 8 Mei – Diens Strand
  • Redding van kosbare siele, en ons gebed is dat die Here voorbidders sal opwek.

Vrystaat
Tydens ‘n uitreik by ‘n Laerskool kon ons met al die klasse afsonderlik in die skool werk. Daar het vyf kinders reageer wat die Here vertrou het vir redding. Die Here was ons genadig dat ons ook by van hierdie kinders se ouers uitgekom het, deur hulle by die huis te besoek. By die hoërskool kon ons vinnig die groot geestelike behoefte agterkom en ondervind dat die kinders nie eers die fundamentele waarhede van die skrif, soos wie Moses of Dawid is ken nie. Een meisie het by die Hoërskool reageer en die Here vertrou vir redding.

In  ‘n boeregemeenskap het ons op die twee plaasskole in die distrik gefokus waar ons kinderdienste afsonderlik by elke skool aangebied het. Ook het ons dienste vir die plaaswerkers gereël en Dorothea sending gekry om die dienste vir hulle in hul eie taal te hou.

Wes-Kaap
Ons het einde verlede jaar kwartaallikse dienste op die been gebring na ‘n byna twee jaarlange stilte weens Covid19. Dit was regtig heerlik om weer ons dienste te kon hervat en die vriende te sien! Die dienste in Parow het nou na Kuilsrivier verskuif en dié in die Strand na ons huis. Almal wat dit bygewoon het is dit eens dat die onderlinge samesyn baie gemis is. Buiten verskeie besigheid openinge, wat Heinrich soggens vroeg by verskillende besighede in die industriële gebied hier in die Strand waarneem, het wonderlike openinge ook by verskeie skole in die Helderberg kom vir hom en Anél begin oopgaan.

Noord- & Suid-Gauteng
Twee reekse dienste:  Brakpan en Rustenburg:  Albei was besonders geseënd. By die reeks in Rustenburg het ek die voorreg gehad om saam ‘n jong vroutjie te bid vir redding. Sy het so stralend die plek verlaat en die volgende aand het sy ‘n vriendin saamgebring wat toe ook agtergebly het om te bid vir redding. Dit was vir my so kosbaar om te sien as iemand werklik by die Here uitkom, vloei dit oor na ‘n bekommernis vir ander wat nie gered is nie.  Bid asseblief saam vir die twee jong vrouens.  Verder kon ons ‘n hele paar poppekaste by verskillende geleenthede waarneem sowel as so paar ouetehuise besoek.

Ons eer die Here vir talle mense wat in eenvoud hulle voor die Here Jesus gebuig het na van hierdie geleenthede.

Noord-Kaap
Met die jeugaand het klompie (10) kinders gereageer op die Woord en kon vir hulle bid! So ook by die Manne-ontbyt het daar 3 manne hulle hande opgesteek en kon vir hulle bid! Een man het getuig dat hy nie maar net nog ‘n boodskap gekry het nie, maar ‘n Woord wat tot sy hart gespreek het. Na die jeugaand het daar ‘n jong seun my telefoonnommer kom vra en die volgende week sy stryde met gedeel. Hy getuig dat hy die Here ken. Ek kon sy vrae uit die Woord uit antwoord en hom aanmoedig om tyd in die Woord te spandeer. Hoe meer tyd hy in die Woord spandeer en sy lewe daarvolgens inrig hoe meer sal sy begeertes in lyn kom met die van die Here se Woord. Ek kon vir hom klomp materiaal stuur om hom te help.

Noordwes
Uitreik in Maart: Omtrent twintig mense wat tydens die reeks dienste hulle behoefte uitgespreek het om die Here Jesus aan te neem as Verlosser en Saligmaker. Besigheid-, skool-, tehuis- en kinderhuis openinge waargeneem.

‘n Fliek aand waar vreemdelinge opgedaag het en hulle het ook daarna die Sondag diens bygewoon het.

Die een man getuig dat hy al vir baie jare met onsekerheid worstel en dat hy in die diens bewus geword het dat die Here duidelik met hom praat en nou wil hy die Here aanneem as sy Verlosser!

Die een dame het alleen agter gebly na ‘n diens en in trane haar verlorenheid erken en die Here vertrou om haar te red! Na die een diens het al die werkers oral in kerk met mense saam gebid vir verskeie behoeftes! Die tehuise, sonder uitsondering, het ons so hartlik bedank vir wat ons met hulle gedoen het en wil baie graag ons weer ontvang.

Ons harte het weer gebreek toe ons by die kinderhuis uitreik en sien die geweldige behoefte wat daar is onder die kinders. Net die kleinste vorm van liefde wat getoon word het soveel vir hulle beteken! 

Namibië
Kus Jeugweek – Dit was ‘n ongelooflike geseënde week. Die Here het so kragtig kom werk en ons eer Hom daarvoor. Daar het soveel jong mense in beide Swakopmund en Walvisbaai hul lewens aan Hom oorgegee! Walvis was ‘n groot hoogtepunt. Na baie jare se uitreik was daar eindelik ‘n deurbraak:  groot getalle jongmense het by ons jeugaand opgedaag en hulle het almal die Evangelie gehoor! Hierna het ons Windhoek aangepak. Ons kon ‘n klompie skole besoek en bereik met die kosbare Woord van die Here. Ons kan net getuig van seën en voorsiening en selfs ‘n paar jong mense wat hul harte aan die Here gegee het!

Oos-Kaap
Die Here het waarlik met jongmense kom ontmoet tydens die jeugkamp.  Baie het getuig dat die Here met hulle kom praat het deur die boodskap oor vergifnis. Een meisie het saam met ‘n werker gebid en spesifiek die Here vertrou om haar te help om te vergewe.  Die laaste aand het ‘n seun een van die werkers opgesoek en gevra:  “Help my asseblief, ek het nodig om my saak met die Here reg te maak..”

Convention Speaker
Jenny Daniel:  My heart is full of gratitude as I see the leading Hand of God in so many ways.  That verse in Isaiah 30:21 “And thine ears shall hear a word behind thee, saying, “This is the way, walk ye in it, when ye turn to the right hand, and when ye turn to the left”, has been a reality in my life as never before.  I realize the “Race of Faith” is to be run ‘with patience’ not at full sprint as we so often want to do!  I have recently had a lot of interaction with people, counselling them, praying for them and in it all deeply conscious that God Himself was giving the much-needed wisdom.  I am also blessed – a year after Keith’s death – to still receive emails testifying of God’s blessing to hearts through his ministry. I know that his messages will continue to bring fruit.  I was thinking recently of the difference between inspired messages and messages with unction.  I believe what made his such a blessing was that unique unction that can only come from God Himself!

« Older posts