Afrika Evangeliese Bond

"Maar soek eers die koninkryk van God"

Page 2 of 4

God se voorsiening

Liewe Gebedsvriende

Ons bid u ‘n baie Geseënde 2023 toe, vol van die Here se genade, vrede en liefde.  In ‘n veranderende wêreld, is dit so maklik om beangs te raak en verward rond te kyk.  Terwyl ons die groot waarheid miskyk dat die Here in beheer is.  Die Here word nooit onkant betrap nie, want Hy is God!  Die Here vra van ons in  Miga 6:8 “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?”

“Maar toe die kinders van Israel die Here aanroep, het die Here ‘n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël … En die Gees van die Here het op hom gekom” Rigters 3:9-10

God is besig om Sy helde voor te berei; en as die regte geleentheid ontstaan, kan Hy hulle in een oomblik in die regte plek laat inpas, sodat die wêreld verbaas sal staan daaroor.

Laat die Heilige Gees jou voorberei vir die dissipline van die lewe; en as die laaste afrondings werk aan die marmer aangebring is, sal God dit gemaklik op Sy voetstuk plaas, en dit in sy bestemde hoekie laat inpas.

Ons moet die Here toelaat om ons voor te berei in die beproewings van die teenwoordige, en in die klein oorwinnings waarvan ons die waarde selfs in ons drome nie kan skat nie, soos Hy vir Otniël van Kirjat-Sefer voorberei het. Laat ons ten minste hiervan seker maak, en as die Heilige Gees met ‘n Otniël gereed is, dan sal die Here van hemel en aarde ook ‘n troon vir hom in gereedheid gebring het. A.B. Simpson

Nuwe aanstellings

Baie geluk aan die  volgende werkers met hul aanstelling in nuwe poste vanaf 1 Januarie 2023. Ons glo met ons hele hart dat  dit die Here se keuse was vir ‘n tyd soos nou. Ons wil u vra om gereeld hulle hande omhoog te hou in gebed, terwyl daar ‘n groot verantwoordelikheid op hulle rus.

Glenvar – Mnr. & Mev. Joggie & Alta Swanepoel (Prinsipaal) Glenvar Bybel kollege skuif tydelik na Potchefstroom vir ten minste 2023.

Die Pelgrim tydskrif – Mnr. & Mev Taylor & Annelize Ridgard

Bybel korrespondensie Kursusse – Mnr. & Mev Jan Harm & Suné Labuscagne

Rozelle Bruce – sekretaresse vir beide Glenvar en Die Pelgrim tydskrif

Mnr. & Mev. Heinrich & Anél van der Berg – voogouers by Glenvar

Frans & Erica Gericke

Gebedsversoeke

Januarie

23 – 27 Jan – Bothaville reeks dienste

27 – 29 Jan – Belfast jeugaand

27 Jan – 4 Febr. – Uniondale dienste

30 Jan – Judah Auto – Pretoria

Februarie

30 Jan – 10 Febr. – Bothaville plase en kinderwerk saam met Dorothea sending

1 & 8 Febr. – Pretoria-Oos Aftreeoord

1 – 10 Febr. – Besoek Kimberley

6 Febr. – Tuisbly Akademie, Pretoria

11-19 Febr. – Piet Retief Jeugweek

12 Febr. – Diens Kimberley

13 – 17 Febr.  – Glenvar gebed week.

5-12 Febr. – Mosselbaai

17 Febr. – Soutpan Rehab diens

17 – 18 Febr. – Bothaville konferensie – Spreker: Ian Waterson

20 – 24 Febr. – Wesselsbron Hoërskool Jeugweek

26 – 28 Febr. – Wesselsbron plase dienste

27 Febr. – MVA Stene – Pretoria

24 Febr. – Tuisbly Akademie, Pretoria

25 Febr. – 4 Maart – Burgersdorp

Maart

1 Maart – Pretoria-Oos Aftreeoord

1 – 4 Maart– Hopetown & Manne-Ontbyt.

5 – 8 Maart – Aliwal-Noord

1 -10 Maart – Wesselsbron (saam met Dorothea sending)

9 – 19 Maart – Hartebeespoort uitreik

11 Maart – Manne Ontbyt Winburg

13 – 20 Maart – Prins Albert

20 – 30 Maart – Winburg besoeke

24 – 26 Maart – Vrouekamp, Samekoms

27 – 30 Maart – Jeugkamp, Samekoms

April

2 – 5 April – Jeugkamp Hebron, PE

3 – 6 April – Plaasbesoeke Karoo.

Paaskonferensies –  6 – 9 April

Samekoms, Middelburg

Mispa, Vrystaat

Hebron, Port Elizabeth

Amana, Onrusrivier

Emmanuel, Namibië

Nuus uit die veld:

Namibië

Ons was die laaste tyd so geseënd met elke geleentheid wat die Here vir ons gegee het van opvolgwerk in Windhoek tot ‘n uitreik in die Noorde, was Hy altyd getrou met Sy werk. Ons het die naweek van 7 Okt. ‘n baie geseënde Kerkkamp vir Tsumeb se NG Gemeente gehad op ‘n plaas net buite die dorp en liewe vriende dit was ‘n ongelooflike tyd waar die jong mense weer met hulle Heer kon ontmoet en hoor wat dit beteken om ‘n Christen te wees! Net daarna het ons in Tsumeb & Grootfontein gewerk en weer die naweek van die 14de Okt. saam die AXIS Tuisonderrig gaan kamp op Rock Lodge.

Vrystaat

Getuienisse van persone wat die Here gevind het:

  • In 2022 het die A.E.B. by die enigste skool in die dorp uitgereik. Hulle het met ons kinders begin werk en sodoende na my vrou deurgedring en haar ook begin bearbei. Die AEB werkers my ook gevra of ek al tot bekering gekom het, maar my antwoord was: “Weet jy ek is nie nou reg daarvoor nie.” Op ‘n punt gedurende die jaar, nadat die sonde ‘n hewige tol op my huwelik geëis het, kon ek nie meer nie. Ek het een van die A.E.B. werkers gebel, hulle het na my huis toe gekom, my die Evangelie verduidelik. Daar in my sitkamer het ek my sondes bely en my hart vir die Here gegee – en Hy het my vergewe, Hy het my lewe nuut gemaak.
  • Toe in 2021 het ek ernstige COVID gekry, ek was baie siek. Ek het toe tot die Here gebid dat as Hy my sou laat leef, was dit Sy wil dat ek iets vir Hom nog iets moes gaan doen. Dit was eers ‘n ruk daarna by ‘n A.E.B. jeugkamp in April 2022 waar ek waarlik tot bekering. Ook tydens daardie kamp het ek besef dat God wou hê dat ek Sy wonderbare genade, wat hy aan sondaars soos ek betoon het, moet gaan verkondig. “Hy het Sy enigste seun gestuur sodat die wie in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” Joh. 3:16

Oos-Kaap

Vanaand by die rehabilitasie sentrum het die Here waarlik kom werk. ‘n Vriend van my het gepraat en 4 mans het uitgekom vir redding. My vriend het saam met 3 gebid en ek het saam met 1 gebid. Ek glo die een waarmee ek saam gebid het waarlik die Here aangeneem.  Sy naam is Ryan. My vriend sê dat Gary ook waarlik die Here vertrou het vir redding. Prys die Here. Bid vir hierdie twee kosbare siele wat, ons glo, by die Here uitgekom het. Die afgelope week het ons bykans elke dag ope lugdienste in Sentraal PE gehou. Ons het baie traktaatjies uitgedeel. Ek kry vandag die volgende whatsapp: “A wonderfully blessed Mrng Pastor….I picked up a flyer in town (Port Elizabeth) I was so blessed with the message I read about forgiveness……I really struggle with forgiveness in fact I may forgive but I don’t forget.” Is dit nie wonderlik dat die Here selfs ‘n weggegooide traktaatjie gebruik!e!

Convention Speaker

January has been filled with visiting friends with the bonus of seeing family in different places. Time and again I have become aware that God orchestrated things and Divine appointments emerged out of ordinary situations. A visit from a broken mother who had lost her 14-year-old son days ago, among others.I believe when we get to Heaven, we will be amazed to realize how God engineered things. I have been blessed to see the changes that have come into lives. Among many reports back, it has been wonderful to hear of reconciliation between a mother and her son, marriages etc.

I was so blessed recently when a young lady contacted me from Texas, saying she had been burdened for me in the middle of the night and called out for God to protect and bless. She then said that their church had an audio of Keith’s message “Satan hates a whisperer” which had been a challenge and blessing to all. God’s work is not bound by geographical limitations or time. “He being dead yet speaketh” and “God’s Word will not return unto Him void”.

Noord-Kaap

Orania uitreik: Maandagaand het ʼn meisie gereageer op die uitnodiging. Sy het sonde toegelaat in haar lewe en was baie skaam en jammer daaroor en sy wou reg maak met die Here. Sy was egter bang dat die Here haar oorgegee het aan haar begeertes. Kon met haar deel, die feit dat sy skaam en jammer is oor dit wat sy gedoen het en wil reg maak is ʼn teken dat die Here haar nie oorgegee nie. Kon vir haar help en glo sy het daardie aand reggemaak met die Here. Loof en prys die Here!  Dinsdag het ek ʼn afspraak met ʼn jong seun gehad. Kom uit baie tragiese, hartseer omstandighede. Sy behoefte was om met die Here reg te maak, maar weet nie hoe nie en ek kon die weg van saligheid aan hom verduidelik. Bid vir die werking van die Heilige Gees in sy lewe, dat die Here vir hom ʼn groot werk sal kom doen!

CONVENTION SPEAKER

January had been filled with visiting friends with the bonus of seeing family in different places. Time and again I have become aware that God orchestrated things and Divine appointments emerged out of ordinary situations. A visit from a broken-hearted mother who had lost her 14-year-old son days ago, among others. I believe when we get to Heaven, we will be amazed to realize how God engineered things. I have been blessed to see the changes that have come into lives. Among many reports back, it has been wonderful to hear of reconciliation between a mother and her son, marriages etc

I was so blessed recently when a young lady contacted me from Texas, saying she had been burdened for me in the middle of the night and called out to God to bless and protect. She then said that her church had an audio of Keith’s message “Satan hates a whisperer’ which had been a challenge and blessing to all. God’s work is not bound by geographical limitations or time. “He being dead yet speaketh” and “God’s Word will not return unto Him void”.

DIE STORMS VAN DIE LEWE STILGEMAAK!

Liewe Gebedsvriende

Ons dank die Here vir die wonderlike voorreg om amper weer normaal te kan funksioneer.  Die werkers in die distrikte kan weer voortgaan met werksaamhede, deur jeugkampe, uitreike en Paaskonferensies te hou. Dit laat ons dink aan die gedeelte in Psalm 107 waar die Here die storms kom stilmaak het.

Hierdie Psalm bevat vyf wonderlike beelde uit die lewe. 

  • Eers sien ons die reisigers wat verdwaal het (v 4-9);
  • dan gevangenes wat in die donker sit (v 10-16);
  •  vervolgens ‘n siekekamer (v 17-22);
  • ‘n geweldige storm op see (v 23-32);
  • en uiteindelik die woestyn wat omskep word in ‘n vrugbare land (v 33-38). 

Ons lees vier keer in die Psalm “Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.”

  • Uit die woestyn het hy die reisigers op ‘n regte pad gelei na ‘n stad om in te woon. (v 7)
  • Die gevangenes se bande is verbreek (v 14)
  • Die siekes het Hy sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red (v20)
  • Vir dié wat in die storm was het hy die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. 

Al hierdie wonderwerke en uitkoms van die Here het eers gebeur nadat hulle in al die gevalle “die Here aangeroep het in hul benoudheid..”

Die geloof baan egter ‘n weg deur die sluiers van die mis en die siedende wolke en soek om in aanraking te kom met die troon van die ewige Vader.  Dit is vir ons ‘n anker.  Hoe kwaai ook al die storm wat woed, die siel wat daar skuiling soek, sal veilig wees.                                                    

Frans & Erica Gericke


Gebedsversoeke:

  • 11-13 Maart – Katkisasie kamp Eden
  • 12-18 Maart – Potgietersrus uitreik
  • 14-18 Maart – Hankey toer
  • 18-20 Maart – Axis Kamp -Namibië
  • 21-24 Maart – Samekoms Jeugkamp
  • 21-25 Maart -Jeugweek Orania
  • 24 Maart – 3 April – Namibië suide uitreik
  • 28 Maart – 1 April – Upington VBS
  • 28-31 Maart – Mispa Jeugkamp
  • 4-9 April – Prins Albert uitreik
  • 5-10 April – Pretoria Tuine uitreik
  • 7-11 Maart – Uitreik – Sidwell
  • 7-24 Maart – Toer  Oos-Kaap
  • 14-17 April – Paaskonferensie
  • 1 Mei – Diens –  Kuilsrivier
  • 8 Mei – Diens Strand
  • Redding van kosbare siele, en ons gebed is dat die Here voorbidders sal opwek.

Vrystaat
Tydens ‘n uitreik by ‘n Laerskool kon ons met al die klasse afsonderlik in die skool werk. Daar het vyf kinders reageer wat die Here vertrou het vir redding. Die Here was ons genadig dat ons ook by van hierdie kinders se ouers uitgekom het, deur hulle by die huis te besoek. By die hoërskool kon ons vinnig die groot geestelike behoefte agterkom en ondervind dat die kinders nie eers die fundamentele waarhede van die skrif, soos wie Moses of Dawid is ken nie. Een meisie het by die Hoërskool reageer en die Here vertrou vir redding.

In  ‘n boeregemeenskap het ons op die twee plaasskole in die distrik gefokus waar ons kinderdienste afsonderlik by elke skool aangebied het. Ook het ons dienste vir die plaaswerkers gereël en Dorothea sending gekry om die dienste vir hulle in hul eie taal te hou.

Wes-Kaap
Ons het einde verlede jaar kwartaallikse dienste op die been gebring na ‘n byna twee jaarlange stilte weens Covid19. Dit was regtig heerlik om weer ons dienste te kon hervat en die vriende te sien! Die dienste in Parow het nou na Kuilsrivier verskuif en dié in die Strand na ons huis. Almal wat dit bygewoon het is dit eens dat die onderlinge samesyn baie gemis is. Buiten verskeie besigheid openinge, wat Heinrich soggens vroeg by verskillende besighede in die industriële gebied hier in die Strand waarneem, het wonderlike openinge ook by verskeie skole in die Helderberg kom vir hom en Anél begin oopgaan.

Noord- & Suid-Gauteng
Twee reekse dienste:  Brakpan en Rustenburg:  Albei was besonders geseënd. By die reeks in Rustenburg het ek die voorreg gehad om saam ‘n jong vroutjie te bid vir redding. Sy het so stralend die plek verlaat en die volgende aand het sy ‘n vriendin saamgebring wat toe ook agtergebly het om te bid vir redding. Dit was vir my so kosbaar om te sien as iemand werklik by die Here uitkom, vloei dit oor na ‘n bekommernis vir ander wat nie gered is nie.  Bid asseblief saam vir die twee jong vrouens.  Verder kon ons ‘n hele paar poppekaste by verskillende geleenthede waarneem sowel as so paar ouetehuise besoek.

Ons eer die Here vir talle mense wat in eenvoud hulle voor die Here Jesus gebuig het na van hierdie geleenthede.

Noord-Kaap
Met die jeugaand het klompie (10) kinders gereageer op die Woord en kon vir hulle bid! So ook by die Manne-ontbyt het daar 3 manne hulle hande opgesteek en kon vir hulle bid! Een man het getuig dat hy nie maar net nog ‘n boodskap gekry het nie, maar ‘n Woord wat tot sy hart gespreek het. Na die jeugaand het daar ‘n jong seun my telefoonnommer kom vra en die volgende week sy stryde met gedeel. Hy getuig dat hy die Here ken. Ek kon sy vrae uit die Woord uit antwoord en hom aanmoedig om tyd in die Woord te spandeer. Hoe meer tyd hy in die Woord spandeer en sy lewe daarvolgens inrig hoe meer sal sy begeertes in lyn kom met die van die Here se Woord. Ek kon vir hom klomp materiaal stuur om hom te help.

Noordwes
Uitreik in Maart: Omtrent twintig mense wat tydens die reeks dienste hulle behoefte uitgespreek het om die Here Jesus aan te neem as Verlosser en Saligmaker. Besigheid-, skool-, tehuis- en kinderhuis openinge waargeneem.

‘n Fliek aand waar vreemdelinge opgedaag het en hulle het ook daarna die Sondag diens bygewoon het.

Die een man getuig dat hy al vir baie jare met onsekerheid worstel en dat hy in die diens bewus geword het dat die Here duidelik met hom praat en nou wil hy die Here aanneem as sy Verlosser!

Die een dame het alleen agter gebly na ‘n diens en in trane haar verlorenheid erken en die Here vertrou om haar te red! Na die een diens het al die werkers oral in kerk met mense saam gebid vir verskeie behoeftes! Die tehuise, sonder uitsondering, het ons so hartlik bedank vir wat ons met hulle gedoen het en wil baie graag ons weer ontvang.

Ons harte het weer gebreek toe ons by die kinderhuis uitreik en sien die geweldige behoefte wat daar is onder die kinders. Net die kleinste vorm van liefde wat getoon word het soveel vir hulle beteken! 

Namibië
Kus Jeugweek – Dit was ‘n ongelooflike geseënde week. Die Here het so kragtig kom werk en ons eer Hom daarvoor. Daar het soveel jong mense in beide Swakopmund en Walvisbaai hul lewens aan Hom oorgegee! Walvis was ‘n groot hoogtepunt. Na baie jare se uitreik was daar eindelik ‘n deurbraak:  groot getalle jongmense het by ons jeugaand opgedaag en hulle het almal die Evangelie gehoor! Hierna het ons Windhoek aangepak. Ons kon ‘n klompie skole besoek en bereik met die kosbare Woord van die Here. Ons kan net getuig van seën en voorsiening en selfs ‘n paar jong mense wat hul harte aan die Here gegee het!

Oos-Kaap
Die Here het waarlik met jongmense kom ontmoet tydens die jeugkamp.  Baie het getuig dat die Here met hulle kom praat het deur die boodskap oor vergifnis. Een meisie het saam met ‘n werker gebid en spesifiek die Here vertrou om haar te help om te vergewe.  Die laaste aand het ‘n seun een van die werkers opgesoek en gevra:  “Help my asseblief, ek het nodig om my saak met die Here reg te maak..”

Convention Speaker
Jenny Daniel:  My heart is full of gratitude as I see the leading Hand of God in so many ways.  That verse in Isaiah 30:21 “And thine ears shall hear a word behind thee, saying, “This is the way, walk ye in it, when ye turn to the right hand, and when ye turn to the left”, has been a reality in my life as never before.  I realize the “Race of Faith” is to be run ‘with patience’ not at full sprint as we so often want to do!  I have recently had a lot of interaction with people, counselling them, praying for them and in it all deeply conscious that God Himself was giving the much-needed wisdom.  I am also blessed – a year after Keith’s death – to still receive emails testifying of God’s blessing to hearts through his ministry. I know that his messages will continue to bring fruit.  I was thinking recently of the difference between inspired messages and messages with unction.  I believe what made his such a blessing was that unique unction that can only come from God Himself!

Voorbereide Harte

Dierbare Vriende
Ons vertrou dat dit goed gaan met u elkeen. Baie dankie vir u volgehoue gebede en ondersteuning. Ons het onlangs verneem van die heengaan van Mnr. Stoffel Mcloud. Hy het diep spore in die AEB getrap en was ‘n geliefde en gerespekteerde werker in die AEB. Ons sal hom altyd onthou vir sy wandel met die Here, sy onwrikbare geloof in die Here, maar ook sy kosbare humorsin. Mag die Here sy familie vertroos in die tyd.

VOORBEREIDE HARTE

Esra 7:6-10 “… vaardig in die wet van Moses…want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.”

  1. Voorbereiding van die hart – Wanneer ‘n man sy hart daarop rig om die Woord van die Here te soek, dit te doen en te leer aan ander, dan het ‘n groot herlewing reeds begin. Die mens moet eers oorgegee wees aan die Here voordat ons lewens van enige nut kan wees vir Hom. Spreuke 16:1 “Die planne van die hart is van die mens”.
  2. Die hand van die Here was op Esra. v. 6 “die koning het, omdat die hand van die Here sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig”. Die alles oorwinnende Hand is die metgesel van die voorbereide hart,
  3. Voorsiening – “al sy begeertes ingewillig” en v. 21 “… dat alles wat Esra… van julle vra, sorgvuldig gedoen moet word”. Esra het sy hart voorberei en die Here het vir elke behoefte wat hy gehad het voorsien. “He never sends His servants a warfare on their own charges.”
  4. Opdrag van die Here – Esra 7:25 “…Esra, volgens die wysheid van jou God wat jy besit, … almal wat die wette van jou God ken; en wie dit nie ken nie, moet julle dit leer”. Mal. 2:7 “Want die lippe van ‘n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ‘n boodskapper van die HERE van die leërskare. Rom. 10:17 – Geloof kom nie deur woorde van wysheid van mense nie, maar deur die Woord van God.
  5. Ons lewe moet ooreenstem met ons getuienis: Esra 8:22 “Want ek is skaam om van die koning te vra …v23 so het ons dan gevas en onse God dit gevra en Hy het ons verhoor”. Wanneer ons hart op die Here gerig is, dan is Hy ons bron na wie ons gaan, die Rots in wie ons skuil.

GEBEDSVERSOEKE

  • 7 November – Kuilsrivier diens
  • 12 – 21 November – Sang veldtog in S-Gauteng met verskeie openinge by kerke
  • 14 November – Strand diens
  • 14-19 November Namibië kus Jeugweek openinge
  • 21 November – Diploma diens Glenvar
  • 23-25 November – Elnatan Jeugkamp Namibië
  • 27 November – Diens Hebron
  • 1-2 Desember – Pelgrim dienste Samekoms
  • 3-5 Desember – Nasionale Konferensie – Samekoms, Middelburg, Mpumalanga.

“Every great movement of God can be traced to a kneeling figure” – DL Moody

NUUS UIT DIE VELD

OOS-KAAP: Terwyl ek op ʼn dorp werk sien ek iemand wat die Here op my hart lê. Toe ek met die man praat het hy telkemale vir my gevra hoe ek dié dinge van hom weet. Hy was in trane en ek kon vir hom ʼn traktaatjie gee. By ʼn rehabilitasie sentrum het ek die geleentheid om gereeld met mense te werk met groot behoefte en kon ons mense daar ook na die Here lei.

WES-KAAP: Die veldtog aan die Weskus was soos verlede jaar baie geseënd. Die gereelde opening elke dag by die Rehabilitasiesentrum was vir my ongetwyfeld weer die hoogtepunt. Die ontvanklikheid van die ongeveer 30 mans, hulle soeke na God en waardering vir die Woord is waarlik ‘n riem onder die hart. Die vrug op die arbeid daar, naamlik mense saam met wie ons na die tyd kon bid vir ‘n verskeidenheid van behoeftes, was ‘n baie groot bemoediging. Clanwilliam dag konferensie – Daar het ‘n mooi atmosfeer geheers waarin die Woord van God maklik in ons harte kon tuiskom.

NOORD-KAAP: Met die jeugaand kon beleef hoe die Here tot jongmense se harte kom spreek. ‘n Jong seun het my nommer kom vra en later sy behoefte, nood en desperaatheid gedeel en hulp gesoek. Bid asb. saam hoe om hierdie seun te help asook vir die kragtige werking van Jesus in sy lewe! Die Manne-ontbyt was ook gekenmerk deur die Here se teenwoordigheid . Een man het na die tyd getuig, hy het nie vanoggend maar net nog ‘n boodskap ontvang nie, maar ‘n Woord wat getref het en hy het nodig om introspeksie te gaan doen.

NOORDWES: By die een Kerk het die Here waarlik naby aan ons gekom, die Here se teenwoordigheid was so tasbaar dat die diaken spontaan in trane uitgebars het met die slotgebed in die konsistorie waar hy weer homself aan die Here gewy het. By ʼn ander gemeente het daar agt mense reageer na die diens en die een man was so bewoë dat hy nie eens ʼn woord kon uiter nie. ʼn Dame in dieselfde diens het ook daar weer opnuut met die Here ontmoet.

ORANJE-VRYSTAAT: By ‘n plaasgemeenskap kon ons hierdie jaar ʼn boere konferensie hou. By twee plaasskole kon ons begin met uitreik onder die kinders en plaas boeke verder. Die huismense kontak my ʼn rukkie later en die dame getuig dat sy die Here aangeneem het as haar Verlosser en Saligmaker. April jeugkamp – Met die getuienis geleentheid het die een na die ander jong mense getuig van wat die Here vir hulle gedoen het. Van hulle het getuig van redding, en twee van roeping vir voltydse diens en ook ʼn paar wat getuig het van heiligmaking.

SUID-GAUTENG: Ten spyte van persoonlike uitdagings het ons tog die Here vasgehou vir ‘n siel en 4 Maart het ek die voorreg gehad om ‘n ateïstiese man na die Here te lei. Wat ‘n voorreg om saam met daardie gebroke man te kon bid vir sy siel. Sy hele lewe lank het hy nie liefde geken nie, en met trane het hy bely en gesê: “Nou ken ek liefde!”

NOORD-GAUTENG: Vakansie Bybel skool – Wat ‘n voorreg was dit nie om onder die gemeente se las vir kindersiele in te klim nie. Slegs omtrent 10 van die 58 kinders was uit die gemeente se geledere en daarom was dit ‘n kosbare Evangelisasie uitreik na 48 kinders van elders in die dorp. Ons eer die Here vir Sy instaatstelling, Sy Woord, en hulle oop hartjies. 14 kinders het beslis gereageer deur die week en hulle hartjies voor God gebuig. 

NAMIBIë: Ons plaas besoeke in die suide was tot ongelooflike seën. Elke boer by wie ons gestop het was ‘n uitgewerkte ontmoeting van die Here.

ORANJE-RIVIER: Ons het ‘n geleentheid om vir hawelose mense dienste te hou op party Sondae. Na een boodskap het twee mense reageer en getuig dat hulle die Here vertrou het om hulle te red. By ʼn kerk voor een diens het die Here ʼn ander boodskap op my hart gelê vir die geleentheid, en na die diens het daar ʼn dame agtergebly om met die Here reg te maak.

CONVENTION SPEAKER – JENNY DANIEL: I look back over the last 6 months with wonder, as I consider the places God allowed me to visit in the USA, as well as the testimonies shared of God’s dealings in lives. It was a huge adjustment not having Keith with me at each place, but during it all the thrill of what God is continuing to do in hearts because of previous messages and those available online was a huge encouragement. E-mails continue to reach sharing testimonies. This week, I will be speaking at a church’s end of year function for ladies in Cape Town itself DV at which they expect 50 to attend. Please pray for God’s unction.

In Sy Naam
Frans & Erica Gericke

Godsmanne van ons weggeruk

Dierbare Vriende

Ons groet u met gebroke harte weens die skielike dood van Mnr. Keith Daniel. Ek deel graag met u ‘n paar gedagtes oor die dood van God se gunsgenote wat geskryf is deur AC Dixon.

Psalms 116:15
Precious in the sight of the Lord is the death of His saints.”

As we see death, it means decay, removal, absence—things which we do not prize. But as God sees death, He beholds something really precious to Him and, we may justly infer, precious to us, for whatever is against us cannot be precious to our Father. We are looking at the wrong side of the tapestry, where all is tangle and confusion. God sees the right side, where the design is intelligent and the colours harmonious. We are without the veil, and see but the dim light through the curtain; within is the Shechinah glory. We stand in the dark, believing and hoping; God is in the light, seeing and knowing.

I. To God death means the opportunity to supply every need of His child. Health means conscious strength. While we are well, we may feel that we are equal to taking care of ourselves. Dying means absolute helplessness. Such is God’s opportunity. When physicians give up the case, He takes it up. After human help has failed, the Lord delights to be to us all that we need.

II. To God death means the most intimate communion. He rejoices to have all to Himself those whom He loves. He said of Israel, “I will allure her and bring her into the wilderness, and speak comfortably unto her.” No one else can help us die. Through the valley we must go alone—yet not alone, for Jesus accompanies.

III. To God death means rest. Jesus said, “Come unto Me,” etc. It was His delight to quiet the heart and give rest to the weary mind. The voice from heaven said, “Blessed are the dead,” etc. “There remaineth a rest,” etc. To us death looks like a rest of the body—the lifeless form no longer suffers; it sleeps until the waking on the resurrection morning. God sees the rest of soul, and the event which introduces His children into this restful state is precious to Him.

IV. To God death means larger life. Christ came to give life, and to give it more abundantly. Whatever imparts and increases the life of God’s people is of great value. While to us death seems to be the cessation of life, to God it is an increase of life. The last words of Drummond Burns were, “I have been dying for years, now I shall begin to live.” It is passing from the land of the dying into the land of the living.

V. To God death means joy. All through the Bible we are exhorted to “Rejoice, rejoice evermore!” The joy of His children is precious to God. Dying, Rutherford exclaimed, “I feed on manna; oh, for arms to embrace Him!” President Wingate, of Wake Forest College, whispered to his wife with his last breath, “I thought it would be sweet, but I did not think it would be sosweet as this.” It is passing from shadow into sunshine; from the discords of earth into the music of the celestial harps; from contraction into everlasting expansion.

VI. To God death means ministry to the living. Through death Jesus entered the family of the Jewish ruler, and the death of our friends often leads us to invite the Man of Sorrows to our homes. The departure of loved ones opens a window of heaven, and gives us a glimpse into the beyond; and in leaving us, they, in a very true sense, come to us. We appreciate them as we never did before; we see their virtues and forget their faults; they are to us transfigured, while everything about them shines with a peculiar glory. (A. C. Dixon, D.D.)

Godsmanne van ons weggeruk

  1. Mnr Keith Daniel is gistermiddag op 6 Maart 2021 na ‘n siekbed van drie weke in ʼn Hospitaal in Kaapstad oorlede. Kinders van God vanuit verskeie dele van die wêreld het saam gebid vir Mnr Daniel, Jenny, Noël, Roy en Samuel en hul hande omhoog gehou in die gebed terwyl hulle almal deur hierdie diep waters gaan. Vir my persoonlik was dit so ‘n bemoediging om te kon sien hoeveel mense om hierdie geliefde man van God en sy familie verenig in die gebed en mekaar bemoedig met die beloftes van God. Ek eer die Here vir elke kosbare vriend wat saam met hulle staan in hierdie moontlik droewigste tyd in hulle lewe. Soveel kosbare getuienisse wat aan God die eer gee, is gedeel oor hierdie geliefde man van God se lewe en invloed.
    Mnr Daniel was saam met sy opleiding vir 50jr deel van die AEB terwyl hy gedurende hierdie tyd gedien het as Superintendent van Natal en die Oos Kaap. Die grootste gedeelte van sy lewe was hy die AEB se Konferensie spreker. Sonder enige twyfel het sy wandel met God, sy liefde vir die Woord, sy getrouheid en sy empatie hom laat uitstaan as ‘n geliefde man van God. Feitlik elke getuienis wat oor hom gedeel is handel onder andere oor hoe hy mense bemoedig het en wat hy geestelik vir hulle beteken het. Vir baie mense was hy soos ‘n geestelike vader. Hy het dikwels die las van ander op hom geneem en daaroor gevas en gebid totdat God die uitkoms kom gee het. Ek dank die Here vir die voorreg wat ek gehad het om konferensies, dag konferensies en tydens ander geleenthede aan sy voete te kon sit, vir elke gesprek wat ek met hom kon gehad het en vir elke siel wat hy gehelp het om uit die duisternis die ewige lig te kon vind.
    Nie alleen het ons ‘n kosbare medewerker verloor nie, maar ʼn ware vriend. Bid asb. vir Jenny, Roy, Noël, Samuel en die res van die familie.
  1. Mnr. Johan de Bruin is einde Desember 2020 na ‘n kort siekbed aan Covid 19 oorlede. Hy was tot en met sy dood die Algemene Superintendent asook die Voorsitter van die Raad van die AEB. In albei hierdie poste het hy getrou en onbaatsugtig gedien. Sy geestelike wandel met God, sy gebedslewe, sy liefde vir die Woord en kosbare siele was uitstaande eienskappe van Mnr Johan de Bruin. Die twee poste waarin hy gedien het was ‘n geweldige verantwoordelikheid en ‘n uitdaging. Ons eer die Here vir ‘n man wat sy beste vir die Here gegee en vir alles wat hy vir die AEB gedoen en beteken het. Bid asb. saam vir Mev. Magda de Bruin en die res van die familie.
  1. Mnr Frans Terblanche van Groblersdal is onlangs in ‘n motorongeluk oorlede. Vir baie geestelike werkers was Frans Terblanche ‘n vriend. Deur al die jare wat ons hom geken het was hy ‘n gereelde konferensie ganger en ondersteuner van die AEB. Frans was bekend vir sy liefde vir sy Hemelse Vader, sy heilige lewenswandel en opregtheid. Nooit het ek vir Frans sonder ‘n glimlag op sy gesig gesien nie. Ons het ‘n kosbare vriend in die Here verloor. Bid asb. ook vir Anelize, Rolize, Elizna en Hennie met hulle gesinne.
  1. Mev. Miemie Saaiman van Riversdal is onlangs oorlede. Ons innige simpatie aan oom Hendrik en familie. Mag die Here self u vertroos en bemoedig in hierdie tyd.

NUWE AMPSDRAERS IN AEB

Mnr & Mev Joggie Swanepoel is onlangs as die nuwe Algemene Superintendent paar verkies.
Mnr Laurence Paulsen is as die Voorsitter van die Raad van die AEB verkies.
Ons glo met ons hele hart dat dit die keuse van die Here was vir ‘n tyd soos nou. Bid vir hulle terwyl daar ook ‘n groot verantwoordelikheid op hulle rus.

Bid ook baie spesifiek vir elke werker in die AEB terwyl die werksaamhede weer besig is om aan die gang te kom.

Mag die Here u elkeen ryklik seën.
Frans en Erica Gericke

« Older posts Newer posts »